‘Vir Aleppo’
Russiese ambassadeur in Turkye vermoor
Die Koelbloedige moord in 'n kunsgallery in Ankara, Turkye van die Russiese ambassadeur in die land, het daartoe gelei dat veiligheidsmaatreëls by al Russiese ambassades in die buiteland verskerp is.
Andrei Karlof, die Russiese ambassadeur in Turkye, is Maandagaand van agter doodgeskiet terwyl hy ’n toespraak in ’n kunsgalery in Ankara gelewer het.
Die skieter, Mevlut Mert Altintas (22),’n polisiebeampte wat van diens was, het agter die ambassadeur gestaan terwyl hy sy toespraak gelewer het, het iemand op die toneel aan Reuters gesê.
“Hy het sy vuurwapen uitgehaal en die ambassadeur van agter geskiet. Ons het hom op die vloer sien lê en uitgehardloop.”
Volgens ’n Reuters-kameraman op die toneel het die skote lank ná die aanval voortgeduur.
Die Anadolu-nuusagentskap berig die skieter is “geneutraliseer” en waarskynlik doodgemaak.
’n Video wys hoe hy skree: “Allahoe akbar (God is groot)! Moenie van Aleppo vergeet nie, moenie van Sirië vergeet nie!”
NTV berig nog drie mense is gewond.
Rusland is ’n noue bondgenoot van pres. Basjar al-Assad van Sirië en sy lugaanvalle het ’n kardinale rol gespeel in die Siriese magte se suksesvolle poging om die teenstand van rebelle in Aleppo verlede week te beëindig.
Die moord op die Russiese ambassadeur is volgens pres. Wladimir Poetin van Rusland daarop gemik om die Siriese vredesproses te laat ontspoor en die bande tussen Rusland en Turkye skade te berokken.
Pres. Tayyip Erdogan van Turkye het gesê: “Al die verwagtinge van wat hulle met dié aanval wou bereik, sal vergeefs wees en nooit gebeur nie.”
Poetin en Erdogan het ooreengekom dat Rusland met die ondersoek sal help.
Poetin het gelas dat veiligheidsmaatreëls by alle Russiese ambassades wêreldwyd verskerp word.
Netwerk24/Reuters/The Washington Post/CNN/AP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie