Vir Altyd: Lusmaker van nuwe rolprent vrygestel
Nóg ’n Afrikaanse rolprent, met die immergewilde Suid-Afrikaanse akteurs Ivan Botha en Donnalee Roberts, sal die grootskerm op 12 Februarie 2016 tref.
Intussen is ’n lusmaker van die romantiese avontuurfliek op YouTube vrygestel. Die amptelike lokprent sal op 28 Oktober vrygestel word.
Vir Altyd is deur dieselfde skrywers, vervaardigers en regisseur as Pad na jou Hart geskep – en weer met Ivan en Donnalee as hoofkarakters. Die draaiboek, wat ook deur Ivan en Donnalee geskryf is en tot ’n roman deur Francois Bloemhof verwerk is, sal vanaf 26 Oktober op winkelrakke beskikbaar wees. Die roman word deur NB Uitgewers (www.nb.co.za) uitgegee.
Vir Altyd begin in die mooi wingerde van die Paarl in die Wes-Kaap, waarna die avontuur op die prag-eiland Mauritius behoorlik vlamvat. Die verfilming in Mauritius was vir die rolprentspan van 40 lede ’n hoogtepunt, waar hulle nuwe terreine saam met World Leisure verken het.
Vir Altyd word deur Ster Kinekor Entertainment versprei. Vir eksklusiewe agter-die-skermsfoto’s en die jongste nuus, kan mense by hul Facebook-blad (www.facebook.com/viraltydfilm) of op twitter (@VirAltyd) aansluit. Die lusmaker is op www.youtube.com/watch?v=cbFxtIDAZro te siene.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie