Vir die beste jy
Vir die beste jy

Vir die beste jy

Lloyd Zandberg
Yolanda Nel

Of jy haar ken as Willemien de la Harpe in Strikdas, Emma le Roux in Jagveld of Alecia in Vuil Wasgoed, hierdie aktrise het die kassie aan die brand en sy spog met nóg ‘n paar talente.

Leandie du Randt Bosch is binnekort hier op eie bodem om oor haar boek te gesels. Hoewel die boek, Gemaklik in jou eie lyf, reeds in 2014 bekend gestel is, is die tema ‘n belangrike kwessie - veral onder jong meisies.

“Dit was vir my belangrik om ‘n platform te skep om meisies te help om deur sekere kwessies te werk,” sê Leandie. “As mens nie bewus is van iets wat jou dalk verhoed om die beste jy te word wat jy kan wees nie, dan kan jy dit nie regmaak nie.”

Haar boek gee jou die geleentheid om vrae aan jouself te vra om uit te vind wat dit is wat jou pla en wat jou verhoed om die beste jy te wees.

“Dan is daar raad om daardeur te werk sodat jy gemaklik in jou eie lyf kan wees,” sê sy.

Die boek is aanvanklik vir jonger meisies geskryf, maar dit is beslis ook van toepassing op volwasse vroue. “Dit fokus op kwessies wat elke vrou op een of ander tyd in haar lewe moet deurmaak.”

‘n Toer in Namibië is vir haar belangrik, omdat die boek nie andersins in die land beskikbaar is nie en dit vir Leandie belangrik is om haar boodskap ook hier te kom deel.

En sy is geen nuweling in Woestynland nie.

“Ons het sewe vertonings in Namibië en ek is opgewonde om na plekke te gaan waar ek nog nie voorheen was nie,” sê sy.

Haar beroep as aktrise het haar beslis ‘n platform gegee om oor belangrike kwessies te kan praat. Maar Leandie is eintlik ‘n opgeleide psigometris wat per toeval in die TV-wêreld beland het.

“Op universiteit het ek aan my koshuis se beauty pageant deelgeneem en met die Mej. Persoonlikheid-titel weggestap,” vertel sy. Die prys was ‘n dramakursus deur Brümilda van Rensburg.

“Sy het my gehelp om in die bedryf in te kom en vir oudisies voor te berei.”

Leandie is vir nog lank nie klaar op die skerms nie en ons kan haar, saam met haar man, Bouwer Bosch, in Junie in hul eie fliek, Thys en Trix, sien.

Haar man is haar steunpilaar en “dit is die grootste voorreg in die wêreld om met hom getroud te wees”.

Sy vertel ook hy laat haar elke dag lag en hy daag haar uit “om ‘n beter ek te wees, maar uit die vryheid van eie wil en wese”.

Leandie sal tussen 2 en 9 Maart deur Namibië toer en Irene-Louise van Wyk sal as gaskunstenaar optree.

Sy maak al vier jaar lank musiek en het al musiekvideo’s soos “Jy moet maar vergeet van my” en “Sjampanje” op haar kerfstok.

“Om op die verhoog te wees, is een van die lekkerste dinge om te doen,” sê sy.

“Ek dink dit was nog altyd my destiny om te sing en op te tree.”

Sy is ook geen nuweling in Namibië nie en sien uit daarna om weer te kom kuier.

“Ek het baie lief geword vir die land en sy mense,” sê sy.

Vir die res van die jaar fokus Irene-Louise op haar nuwe album, #Sjampanje.

Vir meer inligting oor die vertonings, stuur gerus ‘n e-pos aan Marcha Reed by [email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!