Vir die dagboek

Yandi Du Plessis
ELKE WEEK:

*Elke Saterdag tussen 07:00 en 12:00 word die Bio-Markt/Green Market by die Stephanus-kerk in Dr Kenneth Kaundastraat aangebied.

*Die weeklikse Inspirasiemark word elke Saterdag tussen 08:30 en 14:00 by die Ou Kragstasie-kompleks aangebied.

*Geniet elke Sondag koffie en koek by Farm Krumhuk. Dit kos N$80 vir volwassenes en sluit 2 stukke koek en “bottomless” koffie of tee in. Toegang vir kinders onder 6 is halfprys. Vir meer inligting, kontak 061 233 645. Besprekings is noodsaaklik vir groepe groter as 7 mense.

*Die Orca Coffee Bar bied een keer per maand ’n markie aan. Stalletjies kan teen N$50 gehuur word. Vir meer inligting, kontak Hennie Grobler by 081 229 0700. Toekomstige datums is 5 Junie, 3 Julie, 7 Augustus, 4 September, 2 Oktober, 5 November en 4 Desember.

NOU AAN DIE GANG:

*Kunswerke wat ingeskryf is vir die Bank Windhoek-triënnale kan tot 3 Julie by die Nasionale Galery (NAGN) besigtig word.

VANDAG

*Die Harley-Davidson Owners Group (HOG) Namibia Chapter bied tot Sondag die Skeleton Coast Rally op Swakopmund aan. Van die hoogtepunte sluit regstreekse musiek, gelukstrekkings, 'n parade en kosstalletjies in. Vir meer inligting of om te registreer, stuur ’n e-pos na www.skeletoncoastrally.com.

MôRE

*Die opening van die Palmview Lounge by Hotel Thule in Windhoek, met 'n Mongoolse braai vir aandete en Savannah Collins wat vanaf 17:30 optree.

*In dié maand se uitgawe van die Night Under the Stars-konsertreeks by die Goethe Institut sal die opkomende soul- en R&B-musikant Waters op die verhoog te sien wees. Toegang beloop N$20 en die geleentheid begin om 19:00. Die geleentheid word ook regstreeks op die Goethe Institut se Facebook-blad uitgesaai. Vir meer inligting, kontak [email protected] of 061 225 700.

SATERDAG 8 MEI:

*Die boeremark by Otjibamba Lodge buite Otjiwarongo begin om 08:00, met plaaslike en handgemaakte produkte wat beskikbaar sal wees. Bespreek ‘n staanplek via WhatsApp by 081 716 7070, 081 204 0679 of stuur ‘n e-pos na [email protected].

*MotoCross by die MX-baan op Omaruru begin om 08:00 met eet- en drinkgoed wat beskikbaar sal wees. Kontak Rudi by 081 273 8221 of Arno by 081 860 8326 vir meer inligting.

*Goanikontes-Oasis bied hul jaarlikse visvangkompetisie vir spanne van 2 of 4 aan. Vir besprekings, kontak [email protected] of 064 405 979.

*'n Stapsessie onder leiding van ’n toergids word van 08:30 tot 10:45 in die botaniese tuin (Orbanstraat) in Windhoek aangebied. Toegang vir lede is gratis en N$20 vir besoekers. Boeke, T-hemde en kaartjies sal te koop wees.

*Die Maibaumfest en amptelike opening van die Biergarten & Rojos by die Atlantis Restaurant/Atlantis-sportklub begin om 10:00.

*Die RC Coffeeshop in Windhoek bied van 15:00 tot 17:00 ’n Moedersdag-teepartytjie aan. Toegang is N$200 per persoon en die tema waarvolgens gaste moet aantrek is “High Tea”. Kontak 081 321 5152 om te RSVP.

SONDAG 9 MEI:

*Bederf jou ma met 'n onvergeetlike dag in die rustige Droombos-tuine van 11:00 tot 15:00. 'n Spesiale buffet – geskik vir ’n koningin – sal beskikbaar wees. Alle ma’s sal met hul aankoms met 'n drankie en klein geskenkie bederf word. Geskenkpakkies sal ook as pryse weggegee word en 'n kinderhoekie sal die kleintjies besig hou. Toegang beloop N$360 per persoon, N$180 vir kinders tussen 6 en 12 jaar en gratis vir kinders onder 6 jaar. Kontak [email protected] of 0832888352 vir enige navrae.

VRYDAG 14 MEI:

*Die plaaslike musikant Johnny tree om 17:30 by Bar Zonder Naam op Swakopmund op.

SATERDAG 15 MEI:

*Die Suid-Afrikaanse kunstenaar Ann Jangle tree om 16:00 by die SKW Brauhaus in Windhoek op, met die Namibiese kunstenaar Lin Mari Coetzee wat vir haar sal open. Die gewilde plaaslike musikant Riaan Smit sal ook op die verhoog te sien wees. Kaartjies is teen N$100 op webtickets.com.na beskikbaar.

MAANDAG 17 MEI:

*Die 15de Afrika-kampioenskap vir trampolien, tuimel en DMT vind tot die 23ste by The Dome op Swakopmund plaas.

SATERDAG 22 MEI:

*Die Anti-poaching Omaruru-liefdadigheidswedloop wat deur Cycles 4U aangebied word, skop om 08:00 af. Jy kan ook aanlyn vanaf die Central Hotel by die wedloop aansluit. Jy help nie net dié wat hulself nie kan help nie, jy ry ook in 'n pragtige wildplaas met die kans om wild te sien. Meer inligting is by Omaruru Spar beskikbaar.

*Doane tree om 17:30 by Bar Zonder Naam op Swakopmund op.

VRYDAG 28 MEI:

*’n Oudhedemark word tot die 30ste by die Nust-hotelskool in die hoofstad aangebied. Koop of verkoop enige “vintage” items. Toegang beloop N$50 en ’n stalletjie N$150. Vir meer inligting, kontak vintagemarketnam.com of 081 640 0769.

*“Dine 'n Vibe” by die Nedbank Swakopmund Food Festival tot die 29ste. Geniet musiek op die verhoog en ’n wye verskeidenheid van “pop-up”-restaurante en kostrokke. Kontak [email protected] of 081 244 4143 vir meer besonderhede.

SATERDAG 29 MEI:

*Die gewilde Finkenstein-bosmark vind van 09:00 tot 16:00 op die landgoed aan die buitewyke van Windhoek plaas. Toegang is gratis.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!