Vir die dagboek
ELKE WEEK:
*Elke Saterdag tussen 07:00 en 12:00 word die Bio-Markt/Green Market by die Stephanus-kerk in Dr Kenneth Kaundastraat aangebied.
*Die weeklikse Inspirasiemark vind elke Saterdag tussen 08:30 en 14:00 by die Ou Kragstasie-kompleks plaas.
*Geniet elke Sondag koffie en koek by Farm Krumhuk. Dit kos N$80 vir volwassenes en sluit 2 stukke koek en “bottomless” koffie of tee in. Toegang vir kinders onder 6 is halfprys. Vir meer inligting, kontak 061 233 645. Besprekings is noodsaaklik vir groepe groter as 7 mense.
*Die Orca Coffee Bar bied een keer per maand ’n markie aan. Stalletjies kan teen N$50 gehuur word. Vir meer inligting, kontak Hennie Grobler by 081 229 0700. Toekomstige datums is 5 Junie, 3 Julie, 7 Augustus, 4 September, 2 Oktober, 5 November en 4 Desember.
NOU AAN DIE GANG:
*Kunswerke wat ingeskryf is vir die Bank Windhoek-triënnale kan tot 3 Julie by die Nasionale Galery van Namibië (NAGN) besigtig word.
*Die 15de Afrika-kampioenskap vir trampolien, tuimel en DMT vind tot die 23ste by The Dome op Swakopmund plaas.
SATERDAG 22 MEI:
*Die Anti-poaching Omaruru-liefdadigheidswedloop wat deur Cycles 4U aangebied word, skop om 08:00 af. Jy kan ook aanlyn vanaf die Central Hotel by die wedloop aansluit. Deur in te skryf, help jy nie net dié wat hulself nie kan help nie, jy ry ook deur 'n pragtige wildplaas. Meer inligting is by Omaruru Spar beskikbaar.
*Doane tree om 17:30 by Bar Zonder Naam op Swakopmund op.
*’n Landboudag word op die plaas Zanja in die Omaruru-distrik aangebied, met demonstrasies en lesings oor boerdery met kwartels, bye, konyne, groente, dierehantering en besproeiing, tesame met 'n MTB-fietsuitdaging, 'n boeremark en 'n wynproe-sessie, en lewendige musiek deur Gert Meyer en Hellmut Kriess. Die dag skop om 09:00 af. Vir enige navrae, kontak 081 148 7978, 081 211 5136 of 081 129 6040.
WOENSDAG 26 MEI:
*Photomagica bied ’n volmaan- en straatlig-fotografiesessie in Windhoek se middestad aan. Die sessie begin om 18:00 en kos N$650. Vir meer inligting, kontak 081 206 2703.
DONDERDAG 27 MEI:
*In vandeesmaand se Future Females Windhoek-sessie sal gefokus word om skuld te vermy en die ontwikkeling van 'n ingesteldheid van finansiële vryheid. Dit vind om 18:00 by die Vintage Coffee Shop plaas. Kaartjies kos N$85 by webtickets.com.na. Kontak 081 124 5310 vir meer inligting.
*’n Komedie-aand word in die Stratos-balsaal van die Avani Hotel aangebied, met Big Mitch & Co wat die gehoor sal laat skaterlag. Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na [email protected] of kontak 061 280 0991.
VRYDAG 28 MEI:
*’n Oudhedemark word tot die 30ste by die Nust-hotelskool in die hoofstad aangebied. Jy kan enige vintage-item koop of verkoop. Toegang beloop N$50 en ’n stalletjie N$150. Vir meer inligting, kontak vintagemarketnam.com of 081 640 0769.
*“Dine 'n Vibe” by die Nedbank Swakop Food Festival tot die 29ste. Geniet lewendige musiek op die verhoog en ’n wye verskeidenheid van pop-up-restaurante en kostrokke. Kontak [email protected] of 081 244 4143 vir meer besonderhede.
SATERDAG 29 MEI:
*Die gewilde Finkenstein-bosmark vind van 09:00 tot 16:00 op die landgoed aan die buitewyke van Windhoek plaas. Toegang is gratis.
*’n Boeremark word tussen 08:00 en 13:00 by die Windhoek-skougronde aangebied, met verversings en vars produkte vir die hele gesin. Toegang is N$5, en gratis vir kinders en pensioenarisse.
*Die Clausthaler Finksenstein Trail Run vind plaas vanaf 08:00 by die Bush Market op die landgoed. Pryse ter waarde van meer as N$20 000 is op die spel via 'n gelukstrekking. Dit kos N$50 vir dié wat vroeg opdaag, en N$100 vir laatslapers. Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie