Vir die dagboek

Yandi Du Plessis
ELKE WEEK:

*Elke Saterdag tussen 07:00 en 12:00 word die Bio-Markt/Green Market by die Stephanus-kerk in Dr Kenneth Kaundastraat aangebied.

*Geniet elke Sondag koffie en koek by Farm Krumhuk. Dit kos N$80 vir volwassenes en sluit 2 stukke koek en “bottomless” koffie of tee in. Toegang vir kinders onder 6 is halfprys. Vir meer inligting, kontak 061 233 645.

*Ondersteun plaaslike entrepreneurs by die Maerua Mall-opwipmarkie oorkant Food Lover’s Market. Die markie is elke Saterdag tot 15:00 oop.

NOU AAN DIE GANG:

*Kunswerke wat vir die Bank Windhoek-triënnale ingeskryf is kan tot môre by die Nasionale Galery van Namibië (NAGN) besigtig word.

*Speak Out – ’n kunsuitstalling deur Trianus Nakale – kan tot 25 September by die Project Room-galery besigtig word. Die galery is Dinsdae tot Saterdae tussen 10:00 tot 13:00 oop.

*’n Grilfliek-rolprentfees is tot die 29ste by die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) aan die gang. Al die rolprente is in Frans met Engelse onderskrifte. ’n Ander rolprent wys elke Woensdagaand om 18:00 en toegang beloop N$20.

VANDAG:

*DEFINITION: Art bied van 17:30 tot 20:00 weer ’n Film Night Discussions-geleentheid aan, waar deelnemers dié keer saam na 'n anime-rolprent kyk. Dit is die ideale geleentheid vir aspirant-regisseurs, akteurs, vervaardigers, kinematograwe en rolprentliefhebbers. ’n Kontantkroeg sal beskikbaar wees. Kaartjies beloop N$40 by die deur. Kontak DEFINITION: Art by 081 833 5009 of stuur ’n boodskap op hul sosialemediaplatforms vir meer inligting.

*Die Nasionale Simfonieorkes van Namibië (NNSO) bied sy jaarlikse Concerto Festival onder begeleiding van Christian Ludwig saam met die solis Gerhard Joubert by die DHPS-skoolsaal aan. Die konsert begin om 19:00. 'n Tweede vertoning vind môreaand fisiek en regstreeks op die NNSO se Facebook-blad plaas. Kaartjies is teen N$200 via webtickets.com.na of by Pick n Pay beskikbaar. Wat die aanlyn konsert van môreaand betref, sal ’n skenking van N$50 waardeer word.

MôRE:

*CrossFit Damaskus en Old Mutual Wealth Namibia bied ’n liefdadigheidsgeleentheid aan wat om 07:00 begin. Inskrywingsgeld beloop N$200 vir individue en N$400 vir spanne, en sluit versnaperings en drinkgoed in, en 'n kompetisie-buff vir die eerste 100 betaalde inskrywings. Vir meer inligting, kontak crossfitdamascus.com of 081 277 2676.

*Die Namibies-Duitse pianis Anke Helfrich bied ’n jazzkonsert saam met die Australiese trombonis, komponis en didgeridoo-speler Adrian Mears aan. Die konsert begin om 19:00 by die Haus der Jugend op Swakopmund. Slegs 100 sitplekke is beskikbaar.

20 SEPTEMBER:

*Die Namibiese Erfenisweek vind tot 26 September op Swakopmund plaas en verskeie geleenthede – fisiek sowel as aanlyn – word by die Swakopmund Museum en die Cosdef Arts & Crafts Centre aangebied.

21 SEPTEMBER:

* Die Namibies-Duitse pianis Anke Helfrich bied ’n jazzkonsert saam met die Australiese trombonis, komponis en didgeridoo-speler Adrian Mears aan. Die konsert begin om 19:00 by DHPS in die hoofstad. Slegs 100 sitplekke is beskikbaar.

24 SEPTEMBER:

*Die kanselier van Unam se liefdadigheidsgolfdag ten bate van die Students’ Hardship Fund, begin om 09:00 by die Windhoek Gholfklub. Die inskrywingsfooi is N$4 000 per span. Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na [email protected].

*’n “Lentefees” Secret Sunrise-sessie word by The Village in Windhoek aangebied. Die sessie begin om 18:30 en kaartjies is teen N$120 op webtickets.com.na beskikbaar.

25 SEPTEMBER:

*Die jaarlikse Adventure Bike, Hike & Run vind by Namibgrens Guest Farm plaas. Die stap- en draf-afstande is 5 km, 12 km en 23 km, en die bergfiets-afstande 15 km, 35 km en 70 km. Vir meer inligting, kontak 061 304 051 of 081 263 2221.

* ’n “Kattebak-uitverkoping” vind vanaf 08:00 tot 11:00 by Joe’s Beerhouse plaas. Registreer by [email protected].

*Windhoek Express bied tussen 08:00 en 14:00 ’n markie by Namibia Media Holdings aan met verskeie stalletjies en vermaak vir almal. Vir enige navrae of om ’n stalletjie te bespreek, stuur ’n e-pos na [email protected].

*’n Damestee met vermaak deur Riaan Smit en Jessica Strydom op 'n 3 uur lange katamaranvaart, begin om 10:30 by die Walvisbaai-waterfront. Versnaperings word deur die Wood 'n Spoon Bakery voorsien, en geniet ook 'n verskeidenheid drankies en 'n paar verrassings! Kaartjies kos N$859. Vir meer inligting en besprekings, kontak 081 827 2435 of [email protected].

26 SEPTEMBER:

*’n Lentefeespiekniek word by Droombos aan die buitewyke van Windhoek aangebied, met musiek deur Midlife. ’n Spesiale piekniekmandjie vir twee kan vooraf teen N$500 bestel word om jóú plek by die piekniek te verseker. Bespreek en betaal voor Donderdag 23 September om 12:00 by [email protected] of by 061 224144 of 083 288 8352.

30 SEPTEMBER:

*Geniet ouwêreldse vermaak by die inryteater op die dak van die Auas Valley-inkoopsentrum, waar Fast & Furious 9 sal speel. Kaartjies kos N$275 per motor. Bioskoopaande vind ook op 1 en 2 Oktober plaas.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!