Vir ewig en vir altyd
Die voormalige Mej. Namibië, Steffi van Wyk, het verlede Dinsdag aan Clint Brink trou beloof. Hy is ’n bekende Suid-Afrikaanse akteur, sanger en fiksheidsfiguur, wat ook die rol van dr. Steven Abrahams in die kykNET-sepie Binnelanders vertolk. Die troue kom minder as ’n maand nadat hy haar in Randburg om haar hand gevra het. Steffi het ’n foto van hul hande met die splinternuwe trouringe op haar Facebook-blad gelaai, waarna gelukwensings ingestroom het. Hulle het die knoop in Suid-Afrika deurgehaak. Foto Verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie