Vir my kollegas
Ná 'n jaar by die koerante, weet ek nou van mense wat stories soms wie weet waar gaan haal.
Wat die mooi, sowel as die hartseer en dikwels die lelikste kant van die lewe sien en deurgee aan die leserspubliek.
Wat soms iets uit niets moet maak, want nuus kom nie op aanvraag nie.
Wat gebeure neutraal en objektief deurgee ongeag hoe hulle eintlik daaroor voel.
Van redakteurs en nuusredakteurs wat hul vingers op die pols van internasionale en plaaslike gebeure hou sodat ons kan weet wat aangaan.
Daar is die ondersoekende verslaggewer wie se oë blink as sy 'n wenk oor 'n vermeende misdryf kry. En die finansiële verslaggewer wat droë en onverstaanbare skuiwe op die finansiële front in dartelende verstaanbare begrippe omsit. Die politieke verslaggewer wat nuusgebeure van oral in die wêreld dophou en deurgee wat die impak daarvan op ons land gaan wees.
Verslag word gedoen oor toerisme en die hartseer van stropery. Die swaarkry wat die droogte veroorsaak word beskryf en die vreugde as die water val.
Ure word afgestaan om by die hof te sit en wag vir 'n uitspraak in die een of ander saak, net om te hoor dit is weer uitgestel.
Ure word op die telefoon deurgebring om die storie agter ''n moord of aanranding te kry en daarna die hartseer van familie en vriende met deernis weer te gee.
Joernaliste doen by klein dorpies en nedersettings aan om stories uit die gemeenskap te kry vir byvoegsels. Stories word vertel van mense wat op kreatiewe maniere inkomste verdien om die pot aan die kook te hou.
Skolenuus word ingesamel en soms moet verduidelik word hoekom hierdie of daardie skool glo meer dekking as ander kry.
Sportjoernaliste moet sommer verantwoording doen hoekom die krieket nie op televisie uitgesaai word nie.
Hierdie is 'n spesie wat vlug van begrip is en skerp is met woorde en woordspelings. Wat verstommende koppe vir stories uit die lug pluk nog voor die storie geskryf is. Wat 'n rubriek oor enige onderwerp onder die son kan skryf en jou met ander oë na die alledaagse laat kyk.
En die subredakteurs wat in die agtergrond die finale afronding doen en proeflees tot hul oë voel of daar sand in is om te sorg dat omgeruilde lettertjies nie die storie bederf nie, is ''n spesie van hul eie. Hulle moet die essensie van die joernalis se styl behou en tog sorg dat die taal korrek en duidelik is.
Soms moet hulle woorde soek wat nog nie in 'n woordeboek opgeneem is nie en raad vra by 'n netwerk van oudjoernaliste, taalliefhebbers en taalkenners, waaronder ''n redakteur by die Woordeboek van die Afrikaans Taal, of WAT (nogal ''n gewese WHS''er), wat uit sy studeerkamer sê: “Hier sit ek oor die taal en tob, en neuk al wat ''n lemma is op”.
En daar is natuurlik vriende wat met mag en mening inspring met bruikbare sowel as onbruikbare voorstelle wat gesensor moet word, sodra jy vinnig iets vra.
Dis die mense wat hul daaglikse brood verdien deur die nuus uit te snuffel en wat sorg dat jy soggens vroeg ''n koerant kan koop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie