Vir toerisme is 'n vreemdeling net 'n onbekende vriend
Om die tafeltjie van 'n gewilde koffiekrip in Swakopmund se middedorp het 'n geselskappie van so 'n vyfstuks gesit. Sou sê dit was pa, ma en twee dogters en 'n seun. Die oudste meisiekind het gelyk of sy in die voorpoorte van vrouwees kan wees en die seun was pure tiener.
Voor die pa het 'n gelaaide beurs gelê met sommer 'n paar rolle note, bankkaarte, dalk paspoorte en sulke goed. Soos maar 'n gewoonte is, is na hul praatslag geluister om 'n leidraad vir hul herkoms te kry. Toe hoor ek die “a” wat vir 'n “o” gesê word en nog 'n paar soortgelyke afwykings. Dit dui op Gauteng se mense.
Net voor die loopslag gaan staan die ontluikende jong vrou op, kom staan net voor ons plekkie en bewonder 'n reeks eie en ingevoerde Duitse produkte op die rakkie. Hier oor haar skouer vra sy in die rigting van haar ma: “Wat is Kartoffel Knödel?” soos dit op die etiket staan. Heel hoflik val my eie Eva in hul rede met “dis sulke aartappelbolle”.
En die mense is bly.
Dis toeriste. Die besef dring tot my deur en 'n koerantberig val my by. Dit was dat elke Namibiër kan bydra tot die bevordering van toerisme deur die besoekers vriendelik die weg te wys. Juis toerisme is die een bedryf wat nog sterk staan in die teisteringe van die ekonomie. In Suid-Afrika is dit skoolvakansie en die stroom uit die buurland loop sterk. Hier in Augustus gaan die stormloop van oorsese lande ook nog kom.
Ons opstaanslag van die twee buurtafeltjies was byna saam. Die pa met die dik beurs betaal terwyl die kroos nog die Duitse vleise, kase en onbekende lekkernye bewonder. Dit laat my versigtig die ma vra waarvandaan hulle kom. Brakpan, sê sy. Ek sê ek het so iets van hul uitspraak afgelei. Toe bars sy uit oor hoe 'n wonderlike land Namibië met sy vriendelike mense is.
Ek vra of daar inligting is waarmee ek hulle kan help.
Sy sê hulle is op pad Walvisbaai toe waar hulle bespreektes op 'n dolfyntoer is. Ek beduie haar die weg deur die hawedorp na die plek waar die plesierbootjies vertrek. Toe ek by die waarskuwing kom dat hulle nie moet skrik wanneer 'n rob op die bootjie klim nie, skreeu die seunskind “jippiee!”. Sy sê die middag gaan hulle kwads in die duine ry. Weer bruis die seunskind van pure plesier.
Nou was die ys van gasheerskap vir toerisme gebreek.
Met die uitstapslag is daar 'n samedromming van 'n soortgelyke groepie by bakke met van die jongstes wat in kuskoue reeds aan hul draairoomyse lek. Ek beduie hulle na nog twee soortgelyke roomyshokkies op hul roete deur die middedorp.
Weer blink die jongklomp se oë. Ek las sommer aan met 'n vermaning van versigtigheid teen die makalaniverkopers en bril- en beursiesmouse op straat wat nie aldag vertrou kan word nie.
Almal is bly asof hulle verwag het dat hierdie land van Afrika gevare kan inhou.
Nou raak hierdie ondersteuning van toerisme lekker.
Op die wintersoggend staan 'n liggeklede egpaar op 'n straathoek waar hulle op 'n dorpskaart 'n oplossing vir hul vreemdelingstatus soek. Staan weer nader en vra of ek kan help. Die vrou reageer op 'n effense Engels en die man van Europa voel in sy sakke of alles nog daar is nadat hulle op straat sommer trompop deur 'n vreemdeling raakgeloop is.
Die mammie vertel hulle is van Duitsland. Voor hul vertrek het almal hulle gewaarsku oor hoe warm dit in Afrika kan word. “En kyk hoe lyk dit nou,” bibber sy dit uit. Hulle soek klere soos langbroeke, baadjies, serpe, wolhemde en truie. Weer beduie ek hulle 'n plek net oorkant die straat.
Haar dankiesê is die toevou van haar toeristekaart.
Eensklaps besef ek die bystand aan toeriste kan nie net die bedryf help nie.
Dit kan net lekker wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie