Virginia verwerp Trump
Kiesers in verskeie Amerikaanse state het hul rug op die Republikeinse Party van pres. Donald Trump gedraai.
In die eerste groot sege vir die Demokratiese Party in Amerika in die Trump-era, het Ralph Northam sy Republikeinse teenstander, Ed Gillespie, in die wedloop om Virginia se goewerneurskap verslaan.
In hierdie verkiesingsronde word pres. Donald Trump se vurige nasionalisme teenoor die verset teen Trump getoets.
In Virginia, soos in verskeie verkiesings Dinsdag in Amerika, het verset teen Trump geseëvier.
Demokrate het ook oorwinnings in New Jersey en Maine behaal waar kiesers die Republikeinse goewerneur, 'n bondgenoot van Trump, bygedam het deur vir maatreëls te stem om Medicaid-dekking, ingevolge oudpres. Barack Obama se wet op gesondheidsorg, uit te brei.
Die Demokratiese burgemeesters van New York en Boston, albei vurige Trump-kritici, het hul herverkiesings maklik gewen.
Kiesers in Virginia het vir die eerste keer 'n openlike transgender-verteenwoordiger verkies tot een van meer as 'n dosyn setels wat deur die Demokrate ingepalm is.
Die klinkende oorwinnings is die mees betekenisvolle slag vir die jong Trump-presidensie en 'n betugtiging van die president self, met sy party wat volgende jaar middeltermynverkiesings moet oorleef. - Nampa/AP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie