Virtuele aflos bied samesyn, afsonderlik
Virtuele aflos bied samesyn, afsonderlik

Virtuele aflos bied samesyn, afsonderlik

Inskrywings kan tot op die laaste dag van die byeenkoms gedoen word, met enige samestelling van vier hardlopers.
Bank Windhoek se jaarlikse spanaflosbyeenkoms sal op 10 en 11 Julie virtueel in die hoofstad, oor die hele land of elders in die wêreld aangebied word.

Almal is welkom om in te skryf. Maak spanne bestaande uit vier lede om op enige plek in die wêreld deel te neem.

HOE WERK DIT?

Registreer jou span en elke spanlid sal vyf kilometer vir sy span aflê om die 20 kilometer te voltooi. Maak seker almal het ’n aktiwiteitstoep soos Strava, Google Fit of FitBit op sy/haar slimfoon of soortgelyke toestel om jou vordering te monitor en aanlyn op die webtuiste te kan laai.

Die spanne het 36 uur (vanaf die Saterdagoggend sesuur tot Sondag 18:00) om die 20 kilometer te voltooi. Die spanne moet skermskote van al vier lede se pogings neem en voor 12:00 op Maandag 12 Julie per e-pos saam met die skakels instuur. Hou daai e-pos dop om te sien of jou span ’n prys gewen, of dalk met die gelukstrekking iets opgeraap het.

Die prysuitdeling vir Windhoekers sal op 14 Julie plaasvind. Aan deelnemers buite Windhoek sal hul pryse gestuur word na die naaste Bank Windhoek-tak waar hulle dit kan afhaal.

Spanne kan hardloop waar hulle wil en kan hul eie roete kies en beplan. Draf saam as ’n span of as individu: Een lid kan byvoorbeeld in Windhoek in die pad val, terwyl sy maats in Katima Mulilo, Karasburg, Ariamsvlei of waar ook al die kilometers inkatrol.

Die drie kategorieë:

1 Vroue (4 lede).

2 Gemeng (2 mans en 2 vroue, of 3 vroue en 1 man).

3 Mans (4 mans, of 3 mans en 1 vrou).

Inskrywings beloop N$420 per span en al die geld sal vir die nasionale bekamping van Covid-19 geskenk word. Spanne het ook die keuse om meer geld te skenk, wat saam met die inskrywing betaal kan word.

Wanneer spanne suksesvol geregistreer het, sal die spanlede via e-pos hul virtuele nommers ontvang. Dra hierdie gedrukte hardloopnommer as deel van jou uitrusting terwyl die aflos aangedurf word. Spanne het nog tot 12:00 op Sondag 11 Julie kans om in te skryf. Die eerste 20 spanne wat inskryf, sal ’n gratis T-hemp vir elke lid van Bank Windhoek ontvang.

PRYSE

Daar is kontantpryse vir die wenners in elke afdeling, terwyl nog N$20 000 se pryse met die gelukstrekking gewen kan word. Neem foto’s van jou span en plaas dit met #BWRelay2021 op sosiale media om iets te wen.

Registreer by www.webscorer.com/register?raceid=240282 en volg die maklike aanwysings hoe om in te skryf en te betaal. Maak seker Bank Windhoek ontvang jou betalingsbewys, anders sal jou inskrywing nie bevestig word nie.

Volg ontwikkelinge op Facebook (https://fb.me/e/2dJ7DlWkx) vir meer besonderhede.

Die Bank Windhoek-aflos word met trots deur Farm Windhoek Fitness aan jou gebring. Navrae kan aan [email protected] gerig word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!