Virtuele TDF laat ryers sweet
Drikus Coetzee het opnuut die pas aangegee in die elite mansklas.
Tielman van Lill – Twee-en-twintig ywerige Namibiese fietsryers het Sondag die laaste van ses skofte van die virtuele L’etape du Tour de France (TDF) in verskillende afdelings voltooi.
Dié eerste virtuele TDF-kompetisie is met behulp van die Zwift-platform aangebied waar ryers oor drie naweke van 12 tot 27 September ses skofte soos die Casse-Pattes (22.9 kilometer), Douce France (24 km), Route Grand Vitesse (24 km), Ven-Top (20.8 km), individuele tydtoets (15 km) en Parys Champs-Elysées (kriterium van vyf rondtes, 33 km) kon aandurf.
Van die Namibiërs het Drikus Coetzee het groep A gewen en ook die polkadot-trui (koning van die berge) op die Ven-Top klim van 1 539 m ingepalm. Wilke van Greunen was in groep B die topryer, met Allan Vivier tweede en Sarel Boshoff derde. Groep C is deur Kevin Fisch opgeraap met Matt Husselmann tweede en Luke Coomer (ook Namibië se beste o.12-ryer) derde.
Wynand Dreyer (1ste) en Jandré Engelbrecht (2de) was in groep D baas, terwyl Michelle Döman groep B vir die vroue gewen het. Groep D by die vroue is deur Martina Gaike-Neuburg opgeraap.
Coetzee sê: “Die afgelope TDF was vir my ’n groot sukses. Ek het die eerste dag misgeloop, maar die laaste vyf renne gery en daarin geslaag om al vyf algeheel teen internasionale teenstand te wen.
“Hoewel die TDF-kompetisie ’n Namibiese reeks was, was ryers van ander lande ook toegelaat om deel te neem. Hul teenwoordigheid het beslis die standaard van die kompetisie ’n stewige hupstoot gegee. Ek was die enigste groep A-ryer (elite) van Namibië en my doel was om die kompetisie te oorheers.
“Ek het die Queen-roete (Ven-Top van 1 539 m klim) en die individuele tydtoetsskof die meeste geniet, aangesien dit die taaiste skofte was. Ek en Kai Pritzen het saam die Ven-Top-skof aangepak. Kai was uitstekende kompetisie, maar ek kon daarin slaag om hom te klop en het die strawwe roete in 1 uur 3 minute 36 sekondes voltooi.
“Dit is nie altyd maklik vir topryers om aan sulke kompetisies deel te neem nie, want dit meng baie met elite-ryers se oefenprogramme in. Dus is daar min elite ryers in so ’n reeks teenwoordig. Die kompetisie onder die Namibiese B- en C-klasryers is baie sterk en lekker om te volg.
“Dit is vir my lekker om die jonger ryers op die platform te sien. Dit is ’n baie veilige omgewing vir die jong ryers om ondervinding op te doen en die gevoel van ’n werklike resies te ondervind.”
Hoewel die afstande betreklik kort was, sê Sarel Boshoff, organiseerder van die kompetisie, die roetes was straf vir ryers wat op statiese binnenshuise fietse hul slag moes wys.
Boshoff vertel: “Ons wou die gevoel van die regte TDF behou, so al die renne was in Frankryk op dieselfde roetes waar hulle vanjaar gery het. Die afstande was net verkort, want binnenshuise renne verg baie energie van die ryers. ’n Uur op die fiets is vir die meeste mense baie taai. Daar was klimgedeeltes soos Mont Ventoux (1 539 meter) wat minder ervare ryers lank geneem het om te voltooi. Dus het ons dit kort gehou.
“Gerrit van Schalkwyk van Maillot Jaune Trading Namibië was ons hoofborg. Dit was sy idee om die virtuele TDF aan te bied en hy het baie hard gewerk om alles betyds gereël te kry. Volgende jaar sal ons beslis die afstande langer maak.
“Ons bedank Maillot Jaune Trading Namibia en Elite (Gerrit van Schalkwyk), Family Care Pharmacy en 32Gi (Hester Prins), Power Bar en MVA (Frans Anthonie Gerber), Believe Apparel (Claudea Marais), Squirt Cycling Products (Johann Wasserfall), Food Lovers Market (Louis Peens), Cycledelic Consulting (Heinrich Köhne), Excel Nutrition Africa en USN (Riaan Grobler) asook Langerhans-apteek vir hul ondersteuning.”
’n Stewige 188 ryers het aan die Namibiese virtuele TDF-wedrenne deelgeneem, wat by www.youtube.com/watch?v=p6IliLOqteU gesien kan word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie