Virus: Doeane-beamptes kry spesiale toerusting
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het verskeie voorkomende maatreëls aangekondig om te keer dat belastingbetalers wat sy kantore besoek en sy personeel die coronavirus opdoen.
Alle belasting- en doeanebedrywighede van die SAID gaan normaalweg voort by alle SAID-kantore en -takke, en by grensposte, hawens en lughawens, het Edward Kieswetter, kommissaris van die SAID, Sondag gesê.
Alle SAID-takke sal handreiniger beskikbaar hê vir belastingbetalers wat die takke besoek, en werk- en diensoppervlakke wat dikwels aangeraak word, sal voortdurend met spesiale skoonmaakmiddels skoon gehou word.
Die SAID het oor die afgelope paar weke ook gesorg dat sy doeanebeamptes by lughawens, hawens en grensposte toegang het tot beskermende klere en toerusting soos maskers, handskoene en handreiniger, het Kieswetter gesê.
SAID-amptenare hou kontak met doeane-owerhede van buurlande om inligting oor die uitbreek van die virussiekte te deel en stappe te doen om die risiko van infeksie te verlaag.
Kieswetter sê hy wil alle belastingbetalers, handelaars en reisigers verseker dat die SAID asook ander staatsdepartemente hul deel doen teen die virus.
“Ek doen ’n beroep op alle belastingbetalers en handelaars om kennis te neem van die inligting wat beskikbaar is om stappe te doen om hul gesondheid en welstand te beskerm. “Ons kernboodskap aan ons werknemers asook belastingbetalers, handelaars en reisigers is om nie paniekbevange te raak nie, maar om hulself op te pas en ander mense in ag te neem. Beoefen hoë vlakke van persoonlike higiëne deur veral hande gereeld en deeglik te was, beperk reise en om mense met die hand te groet, en bly binnenshuis as jy griepsimptome ervaar,” het Kieswetter gesê. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie