Virus eis nog ’n groot muhona
Die naam van adv. Vekuii Rukoro is Vrydag gevoeg by die lys van legendariese Namibiërs wie se lewens deur Covid-19 geëis is.
Hoofredaksie – Adv. Vekuii Rukoro was 66 jaar oud toe hy Vrydag in die vroeë oggendure in Windhoek die stryd teen Covid-19 verloor het.
In ’n laaste stemboodskap aan sy volk het hy sy mense en alle Namibiërs gewaarsku teen die siekte wat erger as ooit onder oud en jonk maai.
“Ons mense,” lui ’n transkripsie van die boodskap deur Kalahari Reporters, “die een ding waaraan ek julle wil herinner van die siekte wat in ons wêreld gekom het, is dat dit die nasie uitroei; ons nasie sterf.
“Dit is oorlog. Ons sterf oor die manier waarop ons optree. Tot wanneer sal ons so wees, my mense?”
Rukoro was ’n gerekende politikus, sakeman en volksleier.
Hy was ’n lid van die Grondwetskrywende Vergadering en Namibië se eerste adjunkminister van justisie. Hy het as prokureur-generaal gedien vanaf 1995 tot 2000.
Rukoro is Woensdag gehospitaliseer nadat die Ovaherero Tradisionele Owerheid aangekondig het dat sy opperhoof positief vir Covid-19 getoets het. Sover bekend was hy nie teen die virus ingeënt nie.
Staatshuis het Vrydag aangekondig dat Rukoro ’n staatsbegrafnis sal ontvang.
Pres. Hage Geingob beskryf hom as ’n brandwag wat sy lewe aan geregtigheid vir die Ovaherero-gemeenskap toegewy het.
Rukoro se heengaan is volgens Geingob ’n groot verlies vir die land en selfs ’n “waterskeidingsoomblik”.
In dele van die gemeenskap klink verset teen die aanvaarding van ’n staatsbegrafnis op. Rukoro het die regering onlangs van verraad teen nasate van volksmoordslagoffers beskuldig weens die bedrag van die reparasies wat die regering bereid is om van Duitsland te aanvaar. Hy het die Duitse federale president, mnr. Frank-Walter Steinmeier, aangeraai om nie sy voete in die land te sit nie.
Die leier van die amptelike opposisieparty die Popular Democratic Movement (PDM), mnr. McHenry Venaani, beskryf Rukuro as ’n “dapper, toekomsgerigte en reguit” leier wat nooit sy oortuigings en ideale verraai het nie. Hy sonder Rukoro se rol in die erkenning van, en regverdige vergoeding vir die Duitse koloniale volksmoorde uit.
Rukoro het in September 2014 die leisels as die Ovaherero se opperhoof by wyle mnr. Kuaimo Riruako oorgeneem. Venaani noem hom die stem van die Herero-mense.
In sy loopbaan in die private sektor was hy aan die stuur van Sanlam, FNB Namibia en Meatco, asook ’n direkteur van Metropolitan.
“Sy heengaan het ’n groot leemte gelaat wat moeilik sal wees om te vul,” sê mnr. Eneas Emvula, woordvoerder van die Landless People’s Movement (LPM). “’n Dapper hart het ophou klop.”
Mnr. Job Amupanda van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) het die Ovaherero aangemoedig om Rukoro se nalatenskap te vereer deur tot die bittereinde vir regverdige vergoeding te veg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie