Virus laat duisende rekenaars myn vir kriptogeld
Virus laat duisende rekenaars myn vir kriptogeld

Virus laat duisende rekenaars myn vir kriptogeld

Petrus Malherbe, Reuters – Duisende webwerwe, waaronder dié van Britse, Australiese en Amerikaanse staatsagentskappe, was Sondag etlike ure lank met ’n virus besmet wat webblaaiers in staat gestel het om in die geheim vir kriptogeld te myn.

Die tegnologienuuswebblad The Register berig meer as 4 200 webwerwe is besmet met ’n kwaadwillige weergawe van Browsealoud, ’n program van die maatskappy Texthelp wat die inligting op webblaaie hardop lees vir persone met swak sig.

Die besmette weergawe van Browsealoud het in die geheim programmatuur op gebruikers se rekenaars geïnstalleer wat dan die toestel se verwerker (en elektrisiteit) gebruik het om onder meer vir die digitale geldeenheid monero te myn. Die skeppers van die virus het die gemynde eenhede in hul sak gesteek.



Dié nuus kom te midde van ’n skerp toename in die getal kuberaanvalle waarin programmatuur op rekenaars gelaai word sodat dit namens aanvallers vir kriptogeld myn. Hierdie soort aanvalle het in die laaste maande toegeneem namate die vraag na bitcoin en ander kriptogeldeenhede gestyg het.

Verteenwoordigers van die verskillende staatsagentskappe het nog nie op ’n versoek om kommentaar gereageer nie, berig Reuters.

Die virus is wel intussen gedeaktiveer.

Texthelp het aan The Register bevestig dat Browsealoud tydelik afgeskakel is terwyl sy ingenieurs die voorval ondersoek.

Volgens vroeë aanduidings het die kuberkrakers ’n kwaadwillige kode by Browsealoud se JavaScript gevoeg wat rekenaars se verwerkers opdrag gegee het om vir monero te begin myn.

Volgens CoinGecko is een monero sowat $247,31 werd. Dis onbekend hoeveel monero gemyn is voordat die virus gestuit is.

Van die webwerwe wat deur die aanval geraak is, sluit in dié van die Universiteit van Lund in Swede (lu.se), die Britse maatskappy vir studentelenings (slc.co.uk), die finansiële ombudsman (financial-ombudsman.org.uk) en talle .gov.uk- en .gov.au.-webwerwe. – Netwerk24/Reuters/ The Register

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!