Virus tref SA aandele erger as ander
Virus tref SA aandele erger as ander

Virus tref SA aandele erger as ander

Vrese oor die virus jaag beleggers weg van bates wat as meer riskant beskou word.
Suid-Afrikaanse aandele is Maandag erger getref as sy eweknieë in die opkomende markte.

Die plaaslike indeks van alle aandele het met 2,6% gedaal. Dit was die ergste daling in meer as agt maande.

Die MSCI-indeks vir opkomende markte het daarteenoor met sowat 0,8% gedaal.

Suid-Afrikaanse aandele is erger getref weens die hoë blootstelling aan China waar die nuwe 2019-coronavirus Maandag al tot 80 sterftes gelei het. Die vrese oor die virus jaag beleggers weg van bates wat as meer riskant beskou word.

Van die groot aandele met blootstelling aan China sluit in Naspers, Prosus en die luuksegoederegroep Richemont, asook mynmaatskappye.

Casparus Treurnicht, portefeuljebestuurder van Gryphon Batebestuurder, sê die gewig van aandele wat sensitief is vir China op die plaaslike indeks is meer as 55%. Boonop ly aandele op die plaaslike beurs meer as gewoonlik omdat verskeie markte in Asië daar nog vir vakansiedae gesluit is, sê hy. Dit veroorsaak ’n gebrek aan likiditeit in die mark en vererger enige daling wat versag sou kon word indien daar meer kopers in die mark was.

Naspers besit omtrent ’n derde van die Chinese internetreus Tencent. Dié maatskappy, BHP, Anglo, Richemont en Prosus is die vyf aandele wat die meeste van die indeks afgetrek het.

Die daling sou erger gewees het as dit nie was vir goudmyne nie. Die indeks vir goud het met 5% gestyg. – Bloomberg./Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!