Virus eis lewe van 25-jarige man
Virus eis lewe van 25-jarige man

Virus eis lewe van 25-jarige man

Verskeie toetsstasies gaan in Windhoek opgerig word om toetsing te verhoog.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht

’n Jong man van Windhoek (25) was gister die 60ste Covid-19-verwante sterfte in Namibië.

Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula het hy geen onderliggende mediese toestande gehad nie. Dit bring die getal Covid-19-verwante sterftes vir die hoofstad op 25 te staan.

Uit die 281 nuwe gevalle wat gister aangekondig is, was 163 in Windhoek, met die Khomasstreek wat 58% van die nuwe gevalle verteenwoordig het. Die streek is gevolg deur Oshana se 6% en ||Kharas en Zambezi met onderskeidelik 5% elk. Die getal Covid-19-gevalle vir die Khomasstreek staan nou op 2 651.

Volgens Shangula is 2 393 gevalle in die streek in 27 dae aangeteken. Die meerderheid van die gevalle in die hoofstad is in Khomasdal (12%), Otjomuise (8%), asook Goreangab, Okuryangava en Wanaheda met 5% elk.

Twaalf woonbuurte, insluitend informele nedersettings, is in Windhoek as brandpunte vir Covid-19 uitgewys. Dit sluit Otjomuise, Goreangab, Havana, Greenwell, Wanaheda, Khomasdal, Olympia, Katutura, Cimbebasia, Rocky Crest en Okuryangava asook die Sentrale Gevangenis in die hoofstad in.

Volgens die goewerneur vir die streek, me. Laura McLeod-Katjirua, is toetssentrums in die volgende kiesafdelings geïdentifiseer in ’n poging om die toetsing- en opspoorproses van gevalle te verhoog: Groot Aub-kliniek (Windhoek landelike kiesafdeling); Gemeenskapsaal in die Tobias Hainyeko-kiesafdeling; die oop ruimte langs die mobiele polisiekantoor in die Windhoek-Wes-kiesafdeling; die oop ruimte langs die hulpbronnesentrum vir onderwysers in Katutura-Oos; die oop ruimte langs die Windhoek-kiesafdeling se kantoor in Nelson Mandela-rylaan; die Khomasstreeksraad se oop erf in Handelingestraat (John Pandeni-kiesafdeling), die oop ruimte by die enkelkwartiere waar Ndapuka passasiers oplaai (Katutura Sentraal-kiesafdeling) en die oop ruimte op die hoek van Frankfurt- en Istanbulstraat in 8ste Laan in die Otjomuise-informele nedersetting (Khomasdal-kiesafdeling).

Buiten bogenoemde toetssentrums het die gesondheidsministerie ook bykomende toetssentrums by Ramatex, sowel as die Katutura- en Otjomuise-gemeenskapsale geïdentifiseer.

Volgens McLeod-Katjirua is agt bykomende mobiele nommers bekendgestel vir die vrystelling van positiewe uitslae asook sertifikate wat met herstel van Covid-19 uitgereik word in ’n poging om te verseker persone wat positief getoets het, bly tuis. Negatiewe uitslae kan afgehaal word by die ou vulstasie naby die kantoor van die gesondheidsdirektoraat in die hoofstad.

Die Oponganda- en Pionierspark-begraafplase is geoormerk vir Covid-19-verwante begrafnisse, terwyl kospakkies aan geregistreerde persone in die tien kiesafdelings uitgedeel word.

Volgens McLeod-Katjirue het die streek die onderskeie Covid-19-reaksiespanne herformuleer en gaan streeksplanne en -begrotings gekonsolideer word om ’n multi-sektorale en goed gekoördineerde reaksieplan, voldoende struktuur en die gelyke verdeling van hulpbronne te verseker.

Leierskap in die streek sal ook gekose brandplekke in die hoofstad onderneem as deel van voortgesette evaluering om vooruitgang en doeltreffendheid van reaksieplanne te monitor.

Die streeksraad en Windhoek se munisipaliteit is besig met die basiese formulering van ’n plan om die druk te verlig op digbevolkte informele nedersettings, die aantal mense wat hierdeur geraak sal word, asook moontlike plekke waar hulle hervestig kan word. Die proses om meer waterpunte te vestig en watervoorsiening in landelike en stedelike gebiede as noodsaaklike diens vir beter infeksiebeheer te verseker, duur voort.

Met verwysing na massabehuising sê die goewerneur die streek is in voortgesette konsultasie met die verwante instellings en die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling om beskikbare massabehuisingshuise in die streek te identifiseer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!