Virusstryd: SA beperk uitvoer van middels, produkte
Die aktiewe bestanddele van medikasie wat gebruik word in die behandeling van Covid-19-pasiënte, het onverkrygbaar geword.
Ronelle Rademeyer - Die malariateenmiddels chlorokien en hidroksichlorokien wat gebruik kan word om Covid-19-pasiënte in hospitale mee te behandel, het feitlik onbekombaar geword.
Mnr. Marius Gouws, bemarkingsdirekteur by die farmaseutiese groothandelaar NamPharm, sê die beskikbaarheid van produkte soos gesigmaskers, chlorokien en hidroksichlorokien is nou wêreldwyd ’n probleem. “Ons sukkel geweldig om dit te kry. Lande hou hulle voorraad vas. Tans is daar niks beskikbaar nie.”
Hy sê as Namibiese groothandelaars hierdie produkte en middels wel in die hande kry, hou hulle dit vir hospitale en dokters. “Hierdie noodmiddels word vir sentrale gebruik gehou. Ons het ook die kleinhandel so ingelig.”
Suid-Afrika het pas ook soos baie ander lande maatreëls afgekondig om die uitvoer van middels en toestelle wat teen die verspreiding van die virus sowel as vir die behandeling van Covid-19 gebruik word, te beperk. Dit sluit handreinigers, gesigmaskers, hidroksichlorokien en suurstofmaskers in.
Volgens die regeringskennisgewing in die Suid-Afrikaanse staatskoerant van 27 Maart moet invoerders (soos Namibiese farmaseutiese groothandelaars) vir ’n uitvoerpermit by die department van handel, nywerheid en medediging aansoek doen wanneer hulle dit wil aanskaf.
Die Amerikaanse Food and Drug Administration (FDA) het die gebruik van hierdie twee malariateenmiddels vir noodgebruik in die behandeling van sommige gehospitaliseerde pasiënte met Covid-19 goedgekeur.
Chlorokien (met die handelsnaam Plasmaquine) word al jare lank ook gebruik om mense met outo-immuunsiektes soos lupus en rumatoïde artritis se toestand te verlig. Hierdie pasiënte, en die spesialiste wat hulle behandel, vrees volgens healio.com die impak van die tekorte.
Volgens ’n omsendbrief aan dokters by die Charlotte Maxeke Johannesburg Akademiese Hospitaal wat ook plaaslik onder dokters sirkuleer, wys “vroeë ervaring” die voordele van chlorokien in die behandeling van Covid-19, “en daarom moet voorraad so dringend as moontlik bekom word”.
ANDER MEDIKASIE
Gouws sê plaaslike groothandelaars sukkel nie om “normale medisyne” in die hande te kry nie. Die beskikbaarheid van handreinigers is ook nie ’n probleem nie, sê hy.
Indië, een van die wêreld se grootste vervaardigers van baie van die aktiewe bestanddele wat gebruik word om pille en medisyne te maak, het aan die begin van Maart aangekondig hy gaan die uitvoer van 26 aktiewe bestanddele beperk om self nie tekorte te ervaar nie. Dit sluit hidroksichlorokien in.
Netwerk24 se Nellie Jonker-Brand het die farmaseutiese groep Adcock vir kommentaar genader, wat sê hy het genoeg parasetamol (aktiewe bestanddeel) om tot einde September Panado te vervaardig.
Volgens Adcock kry hy ’n beduidende hoeveelheid van sy aktiewe farmaseutiese bestanddele uit Indië, berig Netwerk24.
“In ons geval is parasetamol die enigste beduidende aktiewe bestanddeel en voltooide formulering wat onlangs deur die Indiese departement van handel en nywerheid beperk is. Hierdie produk is noodsaaklik vir die pynstillende en koorswerende eienskappe daarvan wanneer virusinfeksies behandel word.”
“Ons werk met die betrokke regeringsdepartemente in Suid-Afrika saam en ontvang hulp van die departemente van handel en nywerheid en gesondheid om die situasie op te los,” het Adcock luidens die berig gesê.
Me. Dorette Neethling, finansiële direkteur van Adcock, het ontken dat daar ’n tekort van Panado in buurlande soos Namibië is.
“Ek het met ons groothandelaars in Namibië geskakel en hulle het genoeg voorraad,” het sy aan Netwerk24 gesê. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie