Vis vir die slagoffers van Idai
Namibië gaan vis skenk aan die vloedslagoffers in die lande wat onder sikloon Idai se verwoesting deurgeloop het.
Ronelle Rademeyer - Die Namibiese staatshoof en voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC), dr. Hage Geingob, sê hy het met skok kennis geneem van die verwoestende impak van die tropiese sikloon Idai wat 'n spoor van verwoesting van Mosambiek, Malawi en Zimbabwe gelaat het.
Die verwagting is dat meer as 1 000 mense in Mosambiek gesterf het terwyl daar ook in die ander twee lande lewensverliese was. Volgens die Verenigde Nasies is ten minste 6 000 huise vernietig, en 18 hospitale en 938 klaskamers het in Mosambiek in die slag gebly.
Meer as 100 000 mense is ontwortel in wat as 'n enorme humanitêre krisis bestempel word. "Die nood word by die uur groter," het mnr. Herve Verhoosel van die Wêreldvoedselprogram (WFP) gister aan die nuusagentskap Associated Press gesê.
Suid-Afrika verleen reeds lugbystand en het mediese personeel daarheen ontplooi.
Geingob het gister 'n beroep op SADC-lidlande gedoen om hul susterlande in die uur van nood by te staan en gesê Namibië sal vis skenk.
Geingob het verder 'n beroep op die publiek en sakegemeenskap gedoen om bystand te verleen aan “ons broers en susters wat deur hierdie ondraaglike natuurramp geraak word”.
Hy het ook namens die mense van Namibië sy medelye met die families en vriende van die oorledenes betuig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie