Visbewaarders veg hard terug
Toe die Zambezirivier se vlakke in Junie en Julie begin daal het, het die gebruik van onwettige visnette toegeneem.
Die Sikunga-visbewaarders het oor die afgelope drie maande meer as 76 kilometer se onwettige visnette gekonfiskeer en verbrand, terwyl 14 persone wat onwettig visgevang het, ook in hegtenis geneem is.
“Altesame 13 makoros is gekonfiskeer, tesame met die nette. Deur die vernietiging van die nette, het die visbewaarders beslis 'n bydrae tot die bewaring van die visse in die Zambezirivier gemaak,” het Amy Blair gesê, wat 'n toerisme-onderneming binne die Sikunga-visbeskermingsgebied het. Sy help ook met die bestuur van die visbewaringsprojek.
Blair sê toe die rivier se vlakke in Junie en Julie begin daal het, het die gebruik van onwettige visnette verhoog.
“Ons span het hulle uitstekend van hul taak tydens hul patrollies gekwyt. Ons is ook bly om te kan sê die ministerie van visserye en NamPol het tydens sommige patrollies by die visbewaarders aangesluit. Hulle hoop om dit in die toekoms meer gereeld te doen,” het sy gesê.
FNB het deur die FirstRand Namibia Foundation altesaam N$200 000 aan die Gondwana Care Trust se Sikunga-visbewaringsprojek in die Zambezistreek aan die begin van die jaar geskenk.
Dit is die derde jaar wat dié stigting hierdie inisiatief ondersteun.
Die Sikunga-visbewaarders is in 2018 as 'n vrywillige projek begin en het intussen permanent geraak, met tien toegewyde werknemers wat 8 km van die rivier patrolleer, asook die omliggende vloedvlaktes waar die visse toegelaat moet word om ongehinderd te broei.
Die projek word deur die Sikunga-bewaringsgebied bestuur en deur die Masubia Tradisionele Owerheid en verskeie toerisme-bedrywighede ondersteun. Die gebied verteenwoordig net 'n klein gedeelte van die Zambezirivier waar visse bewaar word.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie