Visbobotie
Bestanddele
· 1 ui, gekap
· 1 knoffelhuisie, gekap
· 12,5 ml kerriepoeier
· 5 ml borrie
· Pietersielie en tiemie, gekap
· 1 rooi brandrissie, fyngekap
· 1 wortel, fyngerasper
· 750 ml gevlokte vis
· Sout en peper na smaak
· 1 dik sny witbrood, gedoop in 250 ml melk
· Sap van 1 suurlemoen
· 2,5 ml neutmuskaat
· 15 ml bruinsuiker
· 1 eier, geklits
· Gaar mossels vir opdiening (opsioneel)
Bolaag
· 250 ml karring- of klappermelk
· 2 eiers, geklits
· 30 ml fyn blatjang (opsioneel)
· Sout en peper
· Suurlemoenblare
· Gevlokte amandels en gaar mossels
Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C. Braai die uie en knoffel sowat 5 minute in ’n pan, voeg die kerrie en borrie by, en braai nog ’n minuut. Gooi in ’n mengbak.
Voeg die pietersielie, brandrissie en wortel by die uiemengsel. Vlok die vis in klein stukkies en voeg dit ook by die uiemengsel. Geur met sout en peper.
Druk die oortollige melk uit die brood en meng die brood saam met die suurlemoensap, neutmuskaat, bruinsuiker en eier goed by die vismengsel in. Skep in ’n gesmeerde oondskottel of 4 tot 6 klein bakkies. Maak dit gelyk bo-op.
Klits die karringmelk, eiers, blatjang, sout en peper saam, en giet dit oor die bobotie(s). Rol suurlemoenblare soos sigaartjies op en druk plek-plek in. Bak vir 35 tot 40 minute.
Strooi gevlokte amandels oor en pak ’n paar gaar mossels bo-op.
Eet saam met kapok-soetpatat of witrys. Die resep lewer 4 tot 6 porsies. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie