Visfabriek skep werk vir nog 100
Marco Fishing op Lüderitz deins nie terug vir die ekonomiese ellende nie.
Denver Kisting op Lüderitz – Die uitbreiding van die visfabriek van Marco Fishing op Lüderitz en die gepaardgaande werksgeleenthede is ’n mylpaal wat waardetoevoeging in die visbedryf betref.
So het mnr. Bernard Esau, die minister van visserye en mariene hulpbronne, die afgelope Saterdag op die hawedorp gesê.
Marco Fishing en sy vennote, Mekarilakha Fishing, het nagenoeg N$25 miljoen belê om die fabriek se vloeromvang, sy vriesvermoëns en toerusting- en personeelruimte uit te brei.
Esau sê die direkte gevolg hiervan was 100 nuwe werksgeleenthede. “Dit is ’n reuseontwikkeling, wat ek hartlik verwelkom,” het hy die afgelope naweek tydens die bekenstellingsgeleentheid gesê.
Volgens die minister lê die toekoms van die visbedryf in waardetoevoeging.
Hy sê kragtens die visvangkwotapuntestelsel wat tans in die pylvak is voor dit in die Staatskoerant gepubliseer word, word instellings vergoed vir die hoogste aantal werksgeleenthede per metriese ton en vir hul beleggings in die visbedryf.
Die regering is volgens Esau nie meer bereid om werksgeleenthede uit te voer nie deur on- of onderverwerkte vis uit die land te stuur nie.
Esau sê visvangregtehouers moet besef die enigste manier om daardie regte te behou of selfs hul kwota te verhoog, is om ordentlike permanente werksgeleenthede te skep.
Mnr. Francois Louw, die voorsitter van die raad van Marco Fishing, sê die afgelope drie jaar het die maatskappy 14% van sy verdienste in die staatskas teruggeploeg. Dit sluit heffings, inkomstebelasting en personeelbelasting in.
“Ek dink dit is duidelik dat ondanks die feit dat Marco Fishing ’n klein onderneming is, het ons ’n belangrike rol vertolk in die ontwikkeling van Lüderitz en sy mense. Saam met ons vennote, Mekarilakha, strewe ons daarna om ’n selfs groter rol in die toekoms te speel,” het hy Saterdag op sy beurt gesê.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie