Visfees se wenners stap weg met vet pryse
Groot geldpryse was die naweek aan wenners van kompetisies by die Visfees oorhandig met altesaam N$77 500 wat in die spel was.
Visfees 2012 se Mej. Visfees is Monique Venter van Windhoek wat met N$10 000 weggestap het. Die eerste prinses is Yana Haenisch en tweede prinses is Anesia Coetzee.
Caroline Kitzner is as Mej. Tiener gekroon en Nicole Barkhuizen is eerste prinses en Elain Prinsloo tweede prinses. In die hengelkompetisie het Clinton Malander van Swakopmund se steenbras van 11,50 kg, wat hy met wit mossel naby Cannopy uitgetrek het, vir hom die eerste plek en N$10 000 besorg. Die wenners in al die ander afdelings het N$3 000 in hul sak gesteek terwyl N$2 000 vir 'n tweede plek gewen is en N$1 000 vir 'n derde plek.
In die ander afdelings het Johan Visser van Swakopmund die tweede swaarste steenbras van 10,95 kg met seekat by Myl 72 gevang. Die swaarste dassie was 1,41 kg van Johan Landers van Walvisbaai wat hy met wit mossel by Wlotzkasbaken gevang het.
Die swaarste galjoen van 2,12 kg is deur Brian Curtis van Langstrand met mossel by Canopy uitgetrek. Die swaarste kabeljou van 5,16 kg het aan Elize Duvenhage van Windhoek behoort. Sy het die kabeljou met mossel by Rondebos gevang.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie