Visie 2030 was in elk geval gedoem
FRITZ H DAUSAB SKRYF:
Nuwe raadslede moet hartseer wees oor die onmenslike toestand waarin baie werknemers in die ||Kharasstreek werk, en oor die algemeen in Namibië.
Die neo-liberale ideologie wat tydens onafhanklikheid ingelei is, het armoede vir die meerderheid Namibiërs verhoog. Sedert kolonialisme in Namibië hoogty gevier het tot nou is nie in die belang van die meerderheid Namibiërs regeer nie.
Europeërs, wat 10% van die bevolking uitmaak, besit 44% van grond en 70% van die opgehoopte welvaart in die ekonomie.
Visie 2030 sal nooit waar word nie as gevolg van kolonialisme, apartheid, huidige armoede en die slegte bestuur deur ons eie regering.
Namibië is een van die vyf ongelykste lande ter wêreld. Met onafhanklikheid in 1990 is wit mense tot 15 keer meer vergoed as swartes in dieselfde posisies, terwyl bestuurs- en toesighoudende poste vir wit werknemers gereserveer was.
As ons Suid-Afrika as voorbeeld neem, het die Demokratiese Alliansie (DA) vandag nog 'n matrikulant as opposisieleier, terwyl daar soveel hoogs opgeleide en bekwame swartes in die party is en was. Dit is 'n manifestasies van ons koloniale en onderdrukkende geskiedenis.
Sommige Suid-Afrikaanse maatskappye in Namibië betaal hul werkers die absolute minimum, soos toegestaan deur 'n hartelose Swapo-regering. Winste word na Suid-Afrika gerepatrieer.
Visie 2030 is in harde doeane- en aksynstaal nie moontlik nie weens die internasionale reëls van die Wêreldhandelsorganisasie (WTO), wat dans op die wysies van groot ondernemings in Amerika en Europa met reëls soos intellektuele eiendomsreg.
Ook die wurggreep wat Suid-Afrika deur Sacu uitoefen oor Namibië is 'n ramp. Namibië voer byna 80% van alle kos, klere en goedere uit Suid-Afrika in en afhanklikheid van die Sacu-poel en Swapo se gebrek aan politieke wil om die land te ontwikkel, verswak ons eie vervaardigingsvermoë.
Die bevrydingsparty of dan -regering het nooit werklik ons stryd teen apartheid en vir ekonomiese emansipasie gewen nie, maar dit net onbepaald uitgestel. Mense naby die politieke elite is vandag diegene wat baat by viskwotas, staatstenders, maklike lenings, GIPF, Social Security, SME Bank-geld, ens. Korrupsie binne die politieke sfeer en in die regering het stratosferiese afmetings bereik.
Die Westerse model om geldwaarde te heg aan ons natuurlike hulpbronne het ons met hoë werkloosheid en 'n onontwikkelde, leë land sonder ontwikkelingsvooruitsigte, met groot skuld en verhoogde armoede gelaat. In plaas daarvan om ons eie mense met ordentlike salarisse en werk te beskerm, laat ons regering die invoer van ongeskoolde werkers uit ander lande toe terwyl ons eie matrikulante en skoolverlaters in ons strate ronddwaal.
Van die nuwe regerende party in ||Kharas en Hardap, die Landless People's Movement (LPM), verlang kiesers nou verligting van armoede en werkloosheid. Ekonomiese ontwikkeling is broodnodig om ons mense se waardigheid te herstel.
'n Voorbeeld hoe die LPM kan optree namens petroljoggies: Soek die wettige weg deur die parlement en maak N$2 000 die minimumloon en voer gesprek met vulstasie-eienaars om N$500 per maand vir vervoer by te dra, asook N$800 vir behuising. Alle maatskappye moet ook belê in die maatskaplike opheffing van die gemeenskap waarin hulle sake doen.
Ons moet ook aandring op bunkerdienste in Lüderitz se hawe. Brandstof is tans die goedkoopste in Walvisbaai en die duurste in Lüderitz.
Brandstof is 'n basiese bestanddeel vir ekonomiese ontwikkeling, so waarom hou Swapo die suide van Namibië gevange met duur brandstof?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie