Viskwotapot kook oor
Viskwotapot kook oor

Viskwotapot kook oor

Die mosie in die Nasionale Vergadering oor wysigings aan visregtevereistes is die afgelope week deur beledigings oorheers.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die debat rondom visvangkwotas het opnuut vandeesweek die kwik in die parlement laat styg.

Mnr. Sacky Shanghala, die minister van justisie, moes gister ’n stelling terugtrek wat eergister daarop gesinspeel het die Swanu-LP Usutuaije Maamberua is onder die invloed.

Shanghala het die uitlating Dinsdagmiddag in die Nasionale Vergadering (NV) gemaak toe hy verneem het of Maamberua ’n asemhalingstoestel het.

’n Storm woed die afgelope twee weke nadat mnr. Bernhard Esau, die minister van visserye en mariene hulpbronne, wysigings aangekondig het wat die aansoeke om visvangregte betref.

Mnr. Nico Smit, ’n LP van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), het die mosie ter tafel gelê.

Volgens Smit sal weerlose lede van die samelewing, soos voorheen benadeeldes, vroue, gestremde mense en ongeletterde mense, nie deur die nuwe vereistes bemagtig word nie.

Die grootste doring in die visvangvlees blyk ’n bepaling te wees wat aansoekers verplig om teen 31 Julie ’n private maatskappy geregistreer te hê.

Dít kom nadat dit voorheen moontlik was om as trust, beslote korporasie of artikel 21-maatskappy (’n onderneming sonder winsbejag) visvangregte te bekom.

Viskwotas word op visvangregte geskoei.

Esau het ’n stelling van verlede week herhaal wat lui hierdie sakevorme is steeds geoorloof mits hulle aandeelhouers van ’n private maatskappy is.

Tydens sy bydrae tot die gesprek Dinsdag het die prokureur-generaal, dr. Albert Kawana, die opposie-LP’s daarvan beskuldig dat hulle gesag minder gewig dra omdat hulle in die minderheid is.

Maamberua het hierteen te velde getrek waarna Shanghala hom gewend het tot sy vraag oor die asemhalingstoestel, waarmee alkoholvlakke in die liggaam gepeil word.

Maandag is daar begin met landwye inligtingsessies om die publiek touwys te maak met die aansoekproses – ’n vergunning wat volgens Esau op beraadslaging neerkom.

Die gesprek in die NV sou gistermiddag voortgesit gewees het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!