Viskwotas: Betaal, of word gestraf
Teen gister was die aanduiding volgens ’n regeringswoordvoerder dat alle betalings vir viskwotas eerbiedig sal word.
Ronelle Rademeyer - As die 33 suksesvolle bieërs aan wie die regering die stokvis-, marsbanker- en monnikviskwotas ter waarde van N$627 936 827,10 toegeken het, nie teen gister dié volle bedrag aan die regering oorbetaal het nie, word hulle gestraf.
Buiten ’n boete, sal hulle ook vir die volgende vyf jaar nie vir viskwotas in aanmerking kom nie.
Só het mnr. Tonateni Shidhudhu, woordvoerder van die ministerie van finansies, gister by navraag gesê.
Die sperdatum vir betaling is van 31 Augustus tot 2 September verleng. Shidhudhu sê dit is gedoen om die maatskappye wie se aanbiedinge aanvaar is, genoeg tyd te gee om die betalings te doen. Hy sê die besluit is geneem aangesien “daar ’n naweek tussenin was”.
Die suksesvolle bieërs is verlede week ingelig dat die bod op hulle toegeslaan is nadat aanbiedinge vir die veiling op 21 Augustus om 10:00 gesluit het.
Die minister van finansies, mnr. Iipumbu Shiimi, het verlede week bekend gemaak ses plaaslike en drie internasionale maatskappye het die kwotas vir die 11 000 ton stokvis gekry. Die hoogste aanbod uit plaaslike geledere was N$24 441 per ton en wat die aanbiedinge in die kategorie vir beide die plaaslike en internasionale mededingers betref, was die hoogste aanbod per ton N$25 000.
Die totale verdienste uit stokvis beloop N$164 641 940,42.
Wat die kwota van 72 000 ton vir marsbanker betref, is daar 17 suksesvolle bieërs uit plaaslike geledere aan wie kwotas toegeken is nadat die hoogste aanbod per ton N$19 036 was.
Wat die 60% van die tonnemaat betref waarvoor beide plaaslike en internasionale mededigingers voor kon aansoek doen, is daar ses suksesvolle kandidate. Die hoogste aanbod was N$12 000 per ton.
Die regering sal N$457 769 685,73 uit die marsbankerkwotas verdien.
Wat monnikvis betref, is net 392 ton opgeveil. Vyf kopers het meegeding, met die laagste bod wat N$4 551 per ton was en die hoogste bod N$13 906,10 per ton. Die totale kwota is aan dié bieër vir N$5 451 201 toegeken.
Volgens Shidhudhu was die aanduiding gister dat al 33 bieërs hul verpligting aan die regering sou kon nakom.
Hy sê die ministerie sal vandag die betalings rekonsilieer en die syfers kontroleer. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie