Viskwotas bring ‘vertroue terug’
Vakbond soek duidelikheid oor hoekom sekere bestaande besighede uitgesluit is.
Augetto Graig en Dani Booysen – Die toekenning van viskwotas verlede week deur die minister van visserye en mariene hulpbronne, dr. Albert Kawana, word verwelkom hoewel meer inligting benodig word.
Kawana het bekend gemaak dat nuwe aansoekers 56,2% van viskwotas ontvang en bestaande regtehouers die balans van 43,8%. Kawana moes die toekennings hanteer in die nasleep op die Fishrot-skandaal, en het die aankondigings tydens Vrydag se nuuskonferensie oor Covid-19 gedoen.
Mnr. Matti Aukwa, die voorsitter van die Konfederasie van Namibiese Visseryeverenigings (CNFA), sê die bedryf verwelkom die nuus want dit bring vertroue terug.
“Ons weet nou waarheen ons op pad is en dit gee ons gemoedsrus,” het hy gesê.
Van die meer as 3 000 werkers in die bedryf wat hul werk verloor het, sal 1 300 vir werk by ses maatskappy kan aansoek doen, volgens Kawana. Die ondernemings het die beste terme aangebied, sê hy.
“Die koste vir die regering sal 19 850 metrieke ton marsbanker en 5 816 metrieke ton stokvis beloop,” het die minister gesê. Die posisies sal hopelik reeds teen die einde van Junie gevul kan word.
Mnr. Jacob Penda, die sekretaris-generaal van die Namibiese Voedsel en Verwante Werkersunie (Nafau), sê egter van die bestaande regtehouers wie nie nou nuwe viskwotas ontvang het nie, het reeds begin om werkers af te dank.
“Soos ons nou praat is werknemers van Seaflower Pelagic huis toe gestuur. Hulle is gister gesê dit is hul laaste werksdag weens geen kwotatoekenning,” het Penda gister (31 Mei) gesê. Volgens hom word soortgelyke aksie by Hangana Seafood verwag.
Kawana het laas week gesê dit sou ’n katastrofe veroorsaak het as die regering regte summier sou ophef waar kwotas verstryk het. Dan kon nog 7 000 mense hul werk verloor het. Die bedryf verskaf tans werk aan 16 000 mense en sowat 80 000 afhanklikes.
Penda sê die vakbond wil weet hoekom sekere maatskappye nou uitgesluit is.
“As daar kwotas is, gee dit vir hulle, of as daar redes is hoekom die kwotas nie toegeken moet word nie, moet die redes verskaf word,” sê hy.
Hy wag in spanning saam met die nuwe aansoekers om te hoor wie van hulle suksesvol was.
AANSOEKE
Die syfer van meer as 1 500 aansoeke wat ontvang is, het volgens Kawana aansoeke vir verskillende regte deur dieselfde aansoekers ingesluit.
Voormalige en huidige regtehouers kon volgens Kawana nie wetlik heeltemal uitgesluit word nie. Sulke ondernemings verskaf nie net werk aan mense nie, maar besit ook skepe en aanlegte.
Om objektiwiteit te verseker, is kundiges van die Universiteit van Namibië (Unam), versoek om aansoeke te evalueer gebaseer op alle kriteria. Dit sluit onder andere in die bemagtiging van vroue, die jeug, mense in al 14 streke, oorlogsveterane en ekonomiese ontwikkeling.
Uit sowat 100 kwotahouers wie se regte op 31 Maart verval het, het 81 nuwe kwotas ontvang. ‘n Totaal van 104 nuwe aansoekers was suksesvol.
Volledige besonderhede sal volgens Kawana aangekondig word sodra onsuksesvolle aansoekers almal ingelig is. “Nie almal kan deel van die koek kry nie,” het die minister gesê. Die bedryf is daarvoor eenvoudig te klein. Hy wou nie inligting oor die Fishrot-skandaal verstrek nie omdat dit volgens hom huidige vervolgings kan benadeel.
Volgens Penda val die skandaal se skaduwee steeds oor die bedryf veral in terme van werkers wie hul werk op ArcticNam se Heinaste-skip verloor het en in Walvisbaai agtergebly het.
Dit is nie duidelik of hulle vir die nuwe poste aansoek mag doen nie. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie