Viskwotas: Veilings bring N$409 m. in
Ronelle Rademeyer – Die opveil van viskwotas in Junie en Augustus vanjaar het 'n inkomste van N$408,6 miljoen vir die fiskus gegenereer.
Dit is die tweede jaar dat die regering viskwotas teen die hoogste bod op 'n openbare veiling aanbied.
Die minister van finansies, mnr. Iipumbu Shiimi, het Dinsdag in die Nasionale Vergadering dié syfers gedeel toe hy terugvoering gegee het oor die uitkoms van die tweede ronde viskwotaveilings wat op 18 Junie plaasgevind het.
Hy sê dié bedrag sluit die registrasiegeld van N$62 000 in.
Hy sê 'n totaal van 15 948 ton stokvis is op 18 Junie opgeveil wat 'n totaal van N$189,8 miljoen vir die fiskus ingesamel het, terwyl 'n totaal van 87 500 ton maasbanker wat op dieselfde dag opgeveil is, vir 'n inkomste van N$128,6 miljoen gesorg het.
Die viskwotas van 392 ton monnikvis wat op 27 Augustus opgeveil is, is N$4,3 miljoen aangebied.
“Daar was oorblywende kwotas van 27 300 ton maasbanker wat weens swak aanvraag op die veiling nie verkoop is.
OORBLYWENDE HOEVEELHEID
Gevolglik het die ministerie van visserye en mariene hulpbronne, gegewe die hoeveelheid ton wat beskikbaar was en met ses maande oor van die maasbankerseisoen, die regering van die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) genader wat die begeerte uitgespreek het om hierdie oorblywende hoeveelheid ton op te neem,” het Shiimi gesê.
Volgens Shiimi het dié land se regering die N$85,7 miljoen wat hy daarvoor moes opdok, op 7 Oktober oorbetaal.
Hy het daarop gewys die kwota is, soos normale veilingsreëls vereis, vir teen die gemiddelde veilingsprys vir maasbanker verkoop.
“Daarom is die totale metrieke ton vir maasbanker verhoog van die 60 200 ton wat oorspronklik op 'n veiling verkoop is tot 'n volle toekenning van 87 200 ton teen N$214 350 448, het die finansminister gesê.
Volgens hom sal die geld wat uit die veilings verdien is, gebruik word om regeringsprioriteite te finansier, veral in die gesondheidsektor waar bykomende geld vir die Covid-stryd nodig is.
“Gegewe die uitslag van die veilings, is ons steeds oortuig daarvan dat die veilings die gepaste metode is om die kwota wat vir regeringsdoelwitte toegeken is, te benut,” het Shiimi aan dié huis van die parlement gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie