Viskwotas vreet aan LP’s
Die minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, het sy hande vol oor nuwe visvangregte.
Denver Kisting – Die nuwe reëls rondom die toekenning van visvangregte gaan weerlose mense nié bemagtig nie.
Dít is die mening van opposisiepartye wat die minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, die afgelope week in die parlement daaroor geroskam het.
Esau het voorverlede week in die Staatskoerant kennisgewings gepubliseer oor nuwe visvangregte wat eersdaags “vir alle Namibiërs” beskikbaar gaan word.
Terselfdertyd het hy onthul die vereistes om in aanmerking vir visvangregte te kom, waarop visvangkwotas geskoei is, is óók gewysig.
Om voortaan te kwalifiseer, sal belangstellendes as ’n private maatskappy geregistreer moet wees.
Dít bring mee dat beslote korporasies, trusts en maatskappye sonder ’n winsoogmerk, oftewel artikel 21-maatskappye, nie meer aansoek mag doen nie.
Esau het Dinsdagmiddag in die Nasionale Vergadering (NV) gesê dié voorheen aanvaarbare besigheidsvorme sal slegs geduld word indien hulle as aandeelhouers in ’n private maatskappy om visvangregte aansoek doen.
Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, het kapsie gemaak teen die nuwe vereistes.
Volgens hom is daar geen manier hoe weerlose en voorheen benadeelde lede van die samelewing, soos die San-gemeenskap byvoorbeeld, teen 31 Julie ’n private maatskappy op die been sal kan bring nie.
“Die San-gemeenskap van Tsumkwe sal nooit daardie regte kry nie.”
Die sluitingsdatum vir nuwe aansoeke is einde Julie.
Venaani het terselfdertyd te velde getrek teen visvangtoerusting en –vaartuie waaroor visvangreghouers ook moet beskik.
Hy het gesê: “Niemand in Opuwo het ’n vaartuig nie.”
Esau het Dinsdagmiddag gesê die huidige geval sal die negende keer wees wat visvangregte kragtens die wet op mariene hulpbronne aangekondig word.
Dit sal egter die eerste keer wees wat sekere regte, waarvan sommige tot 20 jaar bestaan het, verstryk, het hy gesê.
Die houers van dié verstreke regte mag ook opnuut om nuwes aansoek doen.
Nege seespesies is ter sprake.
Esau het die onderneming gegee dat alle aansoeke dieselfde hanteer word.
“Ons mariene hulpbronne behoort aan alle Namibiërs,” het hy gesê.
Hy beweer die vereiste om óf as ’n private maatskappy óf deur middel van so ’n maatskappy aansoek te doen, het juis ten doel om bemagtiging teweeg te bring.
Omdat jaarverslae en geouditeerde finansiële state deur dié sakeondernemings uitgereik word, behoort deursigtigheid bevorder te word, het hy gesê.
“Ons is beskikbaar om die aangeleentheid te bespreek. Die uitbuiting moet stopgesit word.”
Hy het voorts aangedui voornemende aansoekers sal binnekort opleiding ontvang oor wat presies van hulle in hul aansoeke verlang word.
Venaani het gesê hy is veral nuuskierig oor hoe die jeug, wat onder meer sukkel om hul studies te betaal, daarin sal slaag om aan die vereistes te voldoen en sodanig by visvangregte baat te vind.
Hy is ook gegrief deur die vereiste van “voorheen benadeel” en wie in daardie kategorie val.
Volgens die opposisieleier “hou selfs swart miljoenêrs vol om na hulself as voorheen benadeel te verwys”.
Venaani het gevra LP’s moet die saak debatteer en die sluitingsdatum uitstel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie