Viskwotas Vrydag opgeveil
Ronelle Rademeyer – Die ministerie van finansies se veiling van viskwotas aan die hoogste bieërs om die fiskus uit sy benarde geldnood te help, sluit Vrydag om 10:00.
Die kwotas vir stokvis, makriel en marsbanker sal aan dié plaaslike en internasionale vismaatskappye toegeken word wat bereid is om die meeste geld daarvoor te betaal.
Me. Ericah Shafudah, die uitvoerende direkteur van finansies, het Maandag aangekondig die tenderdokumente vir aanbiedinge vir die beskikbare kwotas van 11 000 ton stokvis, 72 000 ton marsbanker en 392 ton makriel, is van 17 tot 21 Augustus beskikbaar.
Wat marsbanker betref, kan internasionale sowel as plaaslike vismaatskappye vir 60% van die kwota, of 43 200 ton, bie. Die reserweprys beloop N$3 500 per ton.
Die ander 40%, of 28 800 van die 72 000 ton, is net vir Namibiese maatskappye gereserveer. Dié 40% is verdeel in 8 640 ton vars en 20 160 ton gevriesde marsbanker. Die reserweprys hiervoor is onderskeidelik N$2 500 en N$3 000 per ton.
Dié besluit van die regering het vroeër hewige kritiek in die visbedryf ontlok.
Mnr. Matti Amukwa, voorsitter van die Konfederasie van Namibiese Visseryeverenigings, meen dit is te laat in die seisoen om kwotas aan plaaslike en internasionale bieërs op te veil.
“Ons nader die einde van die stokvisseisoen einde September. Die makrielseisoen eindig Desember en die marsbankerseisoen is vanaf Mei tot April,” het hy vroeër aan Leandrea Louw van Republikein se redaksie op Walvisbaai gesê.
“Hoe gaan ons buitelandse vissersbote inbring as ons grense weens die Covid-19-pandemie gesluit is? Agtergrondondersoeke moet gedoen word as vissersbote in ons waters vaar om te verseker dat hulle nie in onwettige visvangaktiwiteite betrokke was nie.
“Daar is soveel vrae. . . en ons het slegs ses weke voor die stokvisseisoen eindig. Tyd staan nie stil en wag vir ons om op te tree nie,” was 'n ontstelde Amukwa se mening.
Dit bekommer dié konfederasie dat die visbedryf nie deeglik oor die veiling geraadpleeg is nie.
Volgens die ministerie van finansies sal die uitslag van die veiling op 27 Augustus bekend gemaak word. Die maatskappye sal egter eers kan begin vang as die volle bedrag vir hul kwota betaal is.
Verder moet die vangste deur bote gedoen word wat in Namibië geregistreer is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie