Vismaatskappy help Suide-skool
Die Marco Fishing Trust het onlangs N$20 000 aan die Angra Pequena Senior Sekondêre Skool op Lüderitz oorhandig. Die skenking sal gebruik word om 30 tafels vir die skoolsaal aan te koop. Die saal word gebruik vir verskeie doeleindes, insluitend as graad 12-eksamenlokaal en vir gemeenskapsfunksies. Volgens die voorsitter van die trust, mnr. Jan Scholtz, is opvoeding belangrik in die stryd teen armoede en werkloosheid. Die skoolhoof, me. Shyral Beukes, het die trust bedank en gesê die skenking sal hulle help om bykomende inkomste uit die verhuring van die saal te verdien. Saam met Scholtz en Beukes in die foto is me. Reeva van Rooyen, die sekretaresse van die trust. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie