Visrivier-byeenkoms herdenk 30 jaar se sukses
Die 30ste Visrivier-marathon en -fietsrybyeenkoms wat onlangs in Keetmanshoop plaasgevind het en vir die agste keer deur die Naute Sportforum aanbied is, het weer deelnemers van heinde en verre gelok, met Nedbank en Keetmans 1Stop/Wimpy as hoofborge.
Die 284 atlete het aan vier hoofnommers deelgeneem, naamlik 42,2 km (marathon), 21,1 km hardloop, 104 km en 42 km fietsry en die pret-nommers – 10 km-pretlopie in die Maritz Lodge-omgewing, 8 km-pretdraf en die 42 km-fietsry-aflos (twee ryers het elk 27 km gery).
’n Allemintige N$40 100 se prysgeld was vir die hoofnommers op die spel.
Elke deelnemer wat sy of haar item voltooi het, het ’n goue medalje en ’n geskenksak ontvang. Soos gebruiklik het elke deelnemende skoolkind ook ’n gratis hamburger ontvang, terwyl alle atlete ’n 500 g pakkie bruinsuiker gekry het wat deur Marathon Sugar geskenk is.
Die kompetisie langs die veld was egter ewe straf onder die watertafel-bemanning wat ’n lafenis aan atlete gebied het. Die watertafels ding elke jaar mee vir die gesogte watertafel-trofee (’n groot, vergulde waterkraan wat op ’n blok hout gemonteer is). Vanjaar het Old Mutual dié prys verower, met Bank Windhoek in die tweede plek, terwyl Desert Optiks en Quality Tyres die derde plek moes deel.
Vanjaar was Desert Optiks, Hollard, Bank Windhoek, First National Bank, Old Mutual, Quality Tyres en Wimpy vir die tafels verantwoordelik.
Volgens die organiseerders het talle besighede kontant en goedere vir die “goody bags” geborg, en daar was meer as 40 beamptes, noodhulp- en verkeerspersoneel wat seker gemaak het dat die atlete veilig kon deelneem.
Die Visrivierkomitee bedank al die deelnemers, beamptes, watertafelpersoneel, die verkeersdepartement en almal wat ’n bydrae tot die sukses van die byeenkoms gemaak het.
Almal word nou al genooi na volgende jaar se geleentheid wat op Saterdag 24 September 2016 sal plaasvind.
UITSLAE
42,2 km marathon
Mans Ope: Aaron Tjivambi (2:30,38), Martin Ntinda (2:31,51) en Athanasius Muronga (2:51,34)
Veterane: Tomas Angula (3:17,37) en Abraham Rooi (4:18,54)
Vroue Ope: Tania van Veen (4:01,15)
21,1 km halfmarathon
Mans (juniors): Percy Makena (1:24,05) en Rodney Swartbooi (1:34,09)
Mans Ope: Embashu Pinehas (1:14,17), Gerald Tsiyaya (1:20,03) en Sem Shaanika (1:21,48)
Veterane: Sevilinus Mashuna (1:28,49) en Fanus Coetzee (1:53,21)
Vroue Ope: Ester Haltope (1:34,14, Renata Stolze (1:43,42) en Susara Karstens (1:53,21).
Veterane: Elme Cornelissen (2:29,32)
104 km fietsry
Mans Ope: Michael Pekalski (3:18,58), Wimpie Silver (3:25,12) en GJ van der Merwe (3:35,17)
Veterane: Mike Pekalski (3:43,30) en Pieter van der Westhuizen (3:56,44)
Vroue Ope: Elmarie Adriaanse (3:56,44) en Louwene Radford (3:57,28)
42 km fietsry
Mans: Francois Viljoen (1:21,51), Moagila Thiyave (1:22,00), Linyando Haingura (1:22,49), Haverinus Nakale (1:35,41) en Renier Oberholzer (1:37,30)
Vroue: Annette van Dyk (1:40,10), Anri Olivier (1:40,32), Lindie Adriaanse (1:43,33), Christiane Thiessen (1:43,56) en Mandie Adriaanse (1:44,54).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie