Visserye: Die poppe gaan dans
Buitelandse rolspelers in die plaaslike visbedryf moet ware plaaslike deelname kan bewys om deel te hê aan die land se vis- en mariene bronne, is gewaarsku.
Catherine Sasman - Die ministerie van visserye en mariene hulpbronne sal binnekort ‘n puntekaart instel om groter plaaslike eienaarskap en deelname aan bestuur en bedryf in die sektor teweeg te bring.
Mnr. Bernard Esau, die minister van visserye en mariene hulpbronne, het dié aankondiging by die jaarlikse byeenkoms van die bedryf op 16 Februarie op Walvisbaai gemaak.
“Die poppe gaan dans,” het Esau gesê.
Volgens hom word slegs tussen 20% en 30% van die sektor ná bykans 30 jaar sedert onafhanklikwording deur Namibiërs besit en groter plaaslike deelname bly ‘n uitdaging.
Iets wat die ministerie nou wil aanpak, is buitelandse maatskappye wat plaaslike fronte of gevolmagtigdes gebruik om werklike (buitelandse) eienaarskap te verberg.
Esau sê die instel van puntekaarte is ‘n algemene praktyk en word beskou as een manier om hierdie praktyk bloot te lê en uit te roei.
Hy sê baie in die bedryf is “senuagtig” oor die instel van puntekaarte en die kwessie van eienaarskap.
“As jy nie deursigtig is nie en nie vir ons kan sê wie die werklike eienaars is nie, moenie verwag om enige punte onder die kriterium van eienaarskap te kry nie,” het hy gesê.
“Buitelanders is in sekere gevalle in beheer van ons bronne. Dit is ‘n baie ernstige en slegte situasie. Van dié wat in ons rykdom deel, is voorheen bevoordeeldes en hulle word vandag steeds bevoordeel. Ons het ‘n formule nodig om dit aan te spreek.”
Die puntekaart sal deelname van veral vroue, die jeug en bevrydingsoorlogveterane begunstig.
Gevra hoekom oorlogveterane as begunstigdes beskou moet word, het Esau gesê: “Hulle het nie in ons land se rykdom gedeel nie. Hulle het vir ons land se onafhanklikheid en vryheid geveg. Hoe kan mens hulle uitsluit? Hulle kan deelneem deur middel van ‘n trust of ‘n beslote korporasie. Hierdie is die mense na wie ons regtig moet omsien.”
Hy het voorts gesê diegene wat nie aktief by die vryheidstryd betrokke was nie, is “draadsitters” wat nie persoonlike risiko’s geneem het nie, maar hulle wil vandag “op dieselfde vlak as dié wat aktief was, deel hê”.
“Ons is daar vir elke Namibiër, maar daar moet ten minste sekere areas wees waarin ons diegene kan bemagtig wat aktief deelgeneem het,” het Esau gesê.
Die puntekaart gaan agt kriteria en verskeie subkriteria uitlê.
Die kabinet besin nog hieroor en dit gaan na verwagting binne ‘n maand bekend gestel word.
Dit gaan onder meer die prestasie van regtehouers evalueer en daardeur sal viskwotas toegeken word.
Die puntekaart is ingevolge artikel 33 en 34 van die Wet op Mariene hulpbronne van 2000 opgestel en daarom is nuwe beleid of promulgering van wetsontwerpe nie nodig nie.
VISVANGREGTE VERVAL
Teen die einde van Desember verlede jaar het 32 van die 20 jaar oue visvangregte verval. Teen die einde van 2018 sal ‘n verdere 75 visvangregte verstrek word.
“Twintig jaar beteken presies dít - 20 jaar,” het Esau benadruk en Namibiërs, insluitend diegene wie se regte verval het, aangemoedig om vir nuwe visvangregte aansoek te doen.
“Die feit dat iemand se regte verval het, beteken nie hulle mag nie meer in dié sektor deelneem nie of dat hul beleggings nie langer nodig is nie,” het hy gesê.
HEFFINGS EN FOOIE
Daar is ook aangekondig dat die totale heffings en fooie – wat kwotafooie, die mariene hulpbronnefonds en fooie op byvangste behels - nou 5,1% is van die waarde van dít wat gevang is.
Die bedryf het voorheen heffings en fooie van tussen slegs 1 en 2% betaal en die skerp styging het groot ongelukkigheid veroorsaak.
Konsultasie met die bedryf, asook oor heffings vir ontspannings- en sportvisvangste gaan steeds voort. Dit sluit nie bestaansvisvang in nie.
VISVOORRADE
Esau het benadruk visvoorrade is nié in die gedrang nie na aanleiding van berigte oor die drie jaar lange moratorium op sardynvangste.
“Die status van ons visserye is gesond en volhoubaar in terme van voorrade, en is ekonomies,” het Esau gesê.
Die Namibiese visbedryf se bydrae tot die nasionale ekonomie is N$10 miljard per jaar - die tweede grootste bydraer ná mynbou.
Esau sê die probleem met die sardynvoorraad is “geskiedkundig”, aangesien die ineenstorting hiervan in 1995, 2001 en 2006 nou eers stadig besig is om te herstel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie