Visserye ondersoek vrektes van harders, jellievisse
Visserye ondersoek vrektes van harders, jellievisse

Visserye ondersoek vrektes van harders, jellievisse

Mense aan die kus is gewarku om nie die dooie visse te eet wat op strand uitspoel voordat die oorsaak van die vrektes nie bepaal is nie.
Ronelle Rademeyer
Die ministerie van visserye en mariene hulpbronne sê hy stel ondersoek in waarom so ‘n groot aantal dooie harders en jellievisse sedert Sondag by die Walvisbaaise strandmeer en elders langs die kus opgemerk word.

Volgens die ministerie kan fitoplankton (alge) op satellietfoto’s langs die sentrale kus waargeneem terwyl seetemperature tans rondom 25ºC is, wat nie ongewoon is vir hierdie tyd van die jaar nie.

Die afgelope naweek het die suidwestewind egter nie sterk gewaai nie, met die gevolg dat daar nie groot opwelling van kouer water langs die kus was nie en die temperatuur van die water gestyg het.

Die ministerie sê dit het gunstiger toestande vir die groei van alge geskep en voeg by hoewel alge giftig kan wees, veroorsaak selfs die niegiftige spesies dat suurstof uit die water onttrek word wanneer dit verrot.

Die laer suurstofvlakke het dan swaeluitbarstings in die see tot gevolg. In die volksmonmd staan dit ook as rooigety bekend.

Die ministerie vermoed die lae suurstofvlakke het meegebring dat die harders gevrek en langs die strandmeer en op strande uitgespoel het. Dieselfde geld die dooie jellievisse wat by die Mole op Swakopmund, die standmeer by Walvisbaai en strande tussen dié twee dorpe opgemerk is.

Die uitvoerende direkteur in dié ministerie, me. Annely Haiphene, sê waterontledings word tans gedoen om te bepaal watter alge-spesies daar voorkom en of hulle giftig is of nie.

Sy het die publiek gemaan om nie die dooie harders gaar te maak en te eet voordat die ministerie nie die oorsaak vir die vrektes met sekerheid vasgestel het. [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!