Visserye trek gordel stywer
Personeel het opdrag gekry om alle vermorsing en veral eise vir oortydwerk te beperk of te staak.
Catherine Sasman – Personeel van die ministerie van visserye en mariene hulpbronne moet persoonlik verantwoordelikheid neem vir die manier waarop hulle openbare hulpbronne gebruik.
Dit volg nadat die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, op 1 Februarie die administratiewe opdrag gegee het dat alle regeringsinstellings omsigtiger te werk moet gaan om koste te besnoei en die vermorsing van regeringsbronne te stop.
“Ons moet ons ingesteldheid teenoor finansiering van die regering verander. Die regering het nie onbeperkte hulpbronne om sy werksaamhede uit te voer nie,” het die minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, Vrydag aan sy personeel gesê.
Volgens Esau sal vermorsing beperk word deur reise, daaglikse en reistoelaes, die gebruik van water en elektrisiteit en ander oorbodige uitgawes te sny.
Esau sê voorts oortydwerk sal streng beheer en slegs goedgekeur word indien geld daarvoor beskikbaar is. Ook behoort alle personeel hul pligte gedurende werksure te voltooi en minder op oortyd staat te maak.
“Oortyd moet verbied word,” het Esau voorgestel en gesê geld wat hieraan bestee word, behoort eerder gebruik te word om werk vir werkloses te skep.
Toesighouers in die ministerie moet ook meganismes daarstel om oortydwerk te bestuur. Voorts is die permanente sekretaris, dr. Moses Maurihungirire, opdrag gegee om te verseker geen oortydbetaling word geëis sonder die aanbeveling en goedkeuring van die onderskeie direkteure nie.
Esau sê voorts die boekjaar wat op 1 April begin, is ook die begin van die jaar van afrekening wanneer verantwoordbaarheid in terme van prestasie en werksaamhede beoordeel sal word.
“Daar is ‘n behoefte aan doeltreffendheid in die uitvoer van ons begroting,” het Esau gemaan.
Die ministerie gaan ook ‘n handves vir kliënte saamstel, terwyl dit voorts ‘n lys van swak plekke wat korrupsie betref, met die hulp van die Teenkorrupsiekommissie (ACC) opgestel het.
‘n Spesiale komitee sal in samewerking met die visbedryf saamgestel word om dié swak plekke te takel.
Esau het voorts gesê personeel mag slegs die amptelike geskrewe posisie van die ministerie deurgee en nie persoonlike menings en opinies nie.
Ook het personeel nie die reg om die ministerie sonder Esau se diskresie by welke aangeleentheid ook al te betrek nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie