Visskande
Die ses huidige beskuldigdes in Namibië se viskwotaskandaal sal vandag ‘n week lank agter tralies wees.
Al het hul regslui gister ingestem om die saak tot 20 Februarie uit te stel, is dit moeilik om te glo die ses verdagte menere sal Kersfees en Nuwejaar in die selle deurbring. Hou die media dop . . .
Mnre. Bernard Esau, Sacky Shanghala, James en Fitty Hatuikulipi, Ricardo Gustavo en Pius Mwatelulo se eie veiligheid is dalk een van hul oorwegings as ‘n mens na die kwaai skare kyk wat gister buite die landdroshof betoog het? En die beskuldigdelys kan langer rek.
Al Jazeera se dokumentêre programme oor die skandaal moet enige kyker laat ril. Dit wil lyk of oudminister Esau en ander betrokkenes “hoek, lyn en sinker” vir die slim lokval geval het waarin hul ingeloop het. Talle van hul uitsprake is gewoon skandalig.
Mnr. Bernadus Swartbooi van die Landless People’s Movement (LPM) is een van die mense wat opgemerk het die skandaal sou dalk nooit bekend geraak het as dit nie ‘n buitelander was wat hokaai geroep het nie. Persepsies van ons regering is dat als toegesmeer word – iets wat baie moeiliker word as verdagtes in die internasionale media se kalklig beland.
Betrokkenes in Ysland en elders is beslis nie doodonskuldig nie, maar die ou uitdrukking sê die deler is ewe goed as die steler.
Ook moet ‘n mens onthou diegene wat hulself as agente van Staatshuis voordoen, doen dit soms suiwer uit eiebelang; sonder dat sulke verbintenisse noodwendig bestaan. As sulke bande wel bewys kan word, mag die ondersoek nie daarvan terugdeins nie.
So sê ander
2 Desember 2019
Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Die oorwinning wat Swapo in verlede week se algemene verkiesing in Namibië behaal het, laat ’n mens dink aan die bekende uitspraak toegeskryf aan die Britse historikus en politikus lord Acton: “Mag neig om te korrumpeer, en absolute mag korrumpeer absoluut”.
Swapo is al sedert Namibië se onafhanklikwording in 1990 aan die bewind, en dit is vir enige gesonde demokrasie eenvoudig te lank.
Inderwaarheid het Swapo – nes sy susterorganisasie, die ANC – uiteindelik korrup en magsbelus geraak. Anders as die ANC, het die party hom ná onafhanklikheid taamlik reggeruk en Namibië relatief goed geregeer.
Maar enige party wat sy hande te lank op al die magshefbome hou, word onvermydelik mettertyd korrup. Dit was ook die geval met Swapo, wat toenemend in allerlei skandale verwikkel geraak het.
Die Namibiese kiesers het nou ’n duidelike waarskuwing aan Swapo gerig.
Daar is groot ooreenkomste tussen Namibië en Suid-Afrika.
Albei lande word geregeer deur ’n party wat steeds deur die meeste burgers as die brenger van vryheid en demokrasie beskou word, ondanks hul swak prestasie as regeerders. Albei het te make met ’n regering wat meen die geskiedenis gee hulle die reg om permanent te regeer. Dis bepaald nie die geval nie.
Want, soos die Namibiërs se waarskuwing aan Swapo impliseer, word van hulle verwag dat hulle beter moet doen. En die ANC weet dit hopelik ook.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie