Visums by lughawe uitgereik
Visums by lughawe uitgereik

Visums by lughawe uitgereik

Henriette Lamprecht
Inwoners van lande soos onder meer Suid-Afrika, Duitsland, Frankryk, Italië, Amerika, Hongkong, Australië, Nederland, Angola, Zimbabwe en Zambië wat in Namibië wil kom vakansie hou, gaan nie meer visums nodig hê om die land te besoek nie.

Houers van diplomatieke paspoorte en gewone paspoorte vir Jamaika is ook van visumvereistes vrygestel, sowel as diplomatieke en amptelike paspoort­houers van onder meer Burkina Faso, Demokratiese Republiek die Kongo (DRC), Egipte, Madagaskar, Uganda en Ethiopië.

Dit strook met 'n kabinetsbesluit wat bepaal die ministerie van ­binnelandse sake en immigrasie gaan ook as deel van 'n loodsprojek visums aan die inwoners van sekere lande met hul aankoms by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako uitreik.

Inwoners van lande wat hiervoor in aanmerking kom, sluit die ­Afrikalande Benin, Burkina Faso, Kameroen, Tsjad, Madagaskar en Bulgarye, ­Hongarye, Mexiko, Pole, Viëtnam, Thailand, die Verenigde Arabiese Emirate en ­Singapoer in.

Volgens Nampa het die minister van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Stanley Simataa, gesê dit vorm deel van die regering se pogings om sy stelsel vir visumaansoeke te verbeter en om buitelanders te help, wat nie vir visums in hul geboorteland kan aansoek doen voor hulle reis nie.

“Teen die einde van die loodsprojek en afhangend van die uitkoms sal 'n besluit geneem word om dit op te gradeer. Dit is 'n baie progressiewe ontwikkeling vir dié wat die voorsiening van digitale dienste aan ons nasie versoek het en die wat ons dienste vereis,” het hy gesê.

Volgens die minister sal nie alle ­lidlande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) sulke dienste ontvang nie, omdat hulle reeds van visumvereistes vrygestel is.

Die tweede fase van die implementering van die projek sal die grensposte by Ariamsvlei, Noordoewer, Oranjemund, Trans-Kalahari, Wenela en Oshikango, asook die Walvisbaaise lughawe insluit.

Die visums wat by grensposte uitgereik word, kos N$1 000 elk.

Kommentaar

Republikein 2025-01-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 21° | 24° Ruacana: 21° | 26° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 15° | 25° Omaruru: 18° | 28° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 19° | 29° Mariental: 22° | 31° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 33° Lüderitz: 17° | 24° Ariamsvlei: 28° | 39° Oranjemund: 16° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 30° Maseru: 19° | 32° Antananarivo: 15° | 30° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 35° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 19° | 24° Durban: 22° | 30° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!