Visverkope in hoktyd verdedig
’n Vereniging van professionele visvanglede moes die naweek vure doodslaan oor ’n foto op sosiale media.
Adolf Kaure – Lede van Hanganeni Artisanal Fishing Association (Hafa) word toegelaat om enige visspesies te vang en te verkoop weens ’n spesiale permit wat hulle van die ministerie van visserye en mariene hulpbronne ontvang het.
So sê mnr. Claudius Ikera, voorsitter van die Hafa-raad, na aanleiding van ’n foto op die Facebook-blad van Intelligence Support Against Poaching (ISAP) wat ’n klomp galjoene in Hafa se fabriek wys. Die plasing het vir hewige debat gesorg.
“Ek het die foto op sosiale media gesien. Dit is verbasend hoe gou dinge rassisties raak en ek hou nie daarvan nie.”
“Die mense wat die meeste van die vishulpbronne plunder, is wit mense.”
Hy het ook die gerugte ontken dat HAFA-lede onwettige aas soos wurms gebruik. “Dit is ’n leuen. Ons mense gebruik nie die soort aas nie.”
In die Facebook-plasing word mense ontmoedig om enige HAFA-produkte te koop: “Die galjoen word professioneel verpak en Windhoek toe vervoer vir ’n hoër prys. Ons versoek die publiek om nie die produk of die spesies te koop nie en om te help om dit stop te sit. As ons dit nie koop nie, is daar geen mark nie,” lui die plasing.
In een van die kommentare is HAFA as korrup beskryf.
“HAFA bestaan uit gulsige mense wat ons vis uitroei onder die rookskerm om werklose mense te help. Dit is Fishrot op ’n kleiner, maar ewe verwoestende skaal.”
Nog ’n reaksie, van ene Cindy Boshoff, sê die foto wys hoe die lede van HAFA brood op hul tafels sit.
“Ouens, wees asseblief realisties. Die foto is van vis wat binne wettige perke gevang word deur baie vissermanne van jong hengelaars tot pensioenarisse wat kos op tafels moet sit en huurgeld, water en elektrisiteit moet betaal.
“Hulle vang die vis en verkoop dit aan die fabriek. Vir die meeste mense is dit hul enigste inkomste. So los hulle en kyk na julle eie lewe met ’n bestendige inkomste en wees dankbaar.”
‘PLUNDERAARS BESWADDER ONS’
Volgens Ikera, wat ook ’n visinspekteur van die ministerie is, is die getal galjoen op die foto nie in een dag gevang nie.
“Die foto wys die vangste van die hele Meimaand. HAFA kon weens die Covid-19 hoktyd nie die vis verkoop nie. Die restaurante was gesluit. As dit nie vir Covid-19 was nie, het ons nie één galjoen in die fabriek gehad nie,” sê hy.
Ikera sê daar is ’n sameswering om HAFA se naam te beswadder.
“Die mense wat ons naam beswadder, is dieselfde was ons vis plunder. Ek kan dit met sekerheid sê omdat ek ’n inspekteur van die ministerie is. Ek is altyd langs die kus en doen waarnemings.”
By navraag het die Erongo-streekgoewerneur, mnr. Neville Andre, gesê die enigste beperkings geld vir diegene wat vir ontspanning visvang. Volgens hom mag sulke vissers net tien visse per dag vir hul eie huishoudelike gebruik vang.
“Ingevolge die huidige fase 1 hokregulasies word vissermanne en -vroue vir wie dit hul ambag is, wel toegelaat om meer vis te vang en te verkoop, solank hulle ’n permit daarvoor het,” het Andre gesê.
KONTROLE
HAFA se direkteur, mnr. Herman /Honeb, sê tydens die organisasie se gesprekke met die ministerie was laasgenoemde simpatiek genoeg om HAFA as ’n noodsaaklike diensverskaffer te beskou.
“Op die interministeriële vlak waar Covid-19-sake hanteer word, het ons minister aangevoer dat HAFA een van die enigste organisasies is wat toegelaat moet word om aan visvangaktiwiteite tydens die hoktydperk voort te sit.
“Daar is niks verkeerd met wat ons doen nie,” het hy gesê.
Volgens hom is HAFA die enigste visvangorganisasie wat regulasies in plek het om hul lede te kontroleer.
Hy sê ook die HAFA-viswinkel en -wegneemeetplek is tans oop en mag vis verkoop. Hulle is ook toegelaat om vis na enige plek in die land te vervoer, solank hulle aan die hoktydregulasies voldoen.
Hy het wel sy kommer uitgespreek oor die onwettige visvangste en verkope wat veral toegeneem het nadat die hoktydperk ingestel is.
“Onwettige verkope van vis het toegeneem. Vis word op die swartmark verkoop, selfs hier in Hentiesbaai. Ons weet wie die vis koop. Ons weet ook daar is honderde mense van alle rasse wat aan die onwettige visvang deelneem,” het /Honeb gesê.
Volgens hom het baie vissermanne en -vroue na die hoktydperkregulasies by HAFA aansoek om lidmaatskap kom doen.
“Die HAFA-komitee het voorlopig geweier om hulle te registreer, want dit sal baie moeilik wees om hulle te beheer. Hul bedoelings is ook nie opreg met HAFA-lidmaatskap nie, want hulle wil dit net gebruik om wettig vis te vang.
“Daar was ’n groot getal mense wat ons kantoor bestorm het om aansoek vir lidmaatskap te doen, maar hoewel ons komitee hulle aangemoedig het om aansoek te doen, beteken dit nie ons sal hulle toelaat om onder HAFA te hengel nie. Hulle is nie eens berouvol nie. Ons het sommigese oorweeg, maar die res nie,” het Honeb gesê.
Die direkteur sê HAFA het by die ministerie aansoek gedoen om ’n ere-inspekteurstatus te verkry, wat op ministeriële vlak hanteer moet word.
“Sodra ons dit het, sal ons met hierdie onwettige vissers en handelaars in ons omgewing kan afreken.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie