Viswaters se 'Olimpiese Spele' begin in RSA
Namibië se onlangse vertonings dui daarop dat hy 'n waardige teenstander sal wees.
Die Namibiese Federasie van Varswaterhengelaars (NFFA) sal met vyf uit die ses hengelkodes onder sy vleuel meeding in die Sporthengel-wêreldkampioenskap wat vanaf komende Saterdag in Suid-Afrika beslis word.
Altesame 19 verskillende venues oor die lengte en breedte van Suid-Afrika word ingespan vir die vierjaarlikse byeenkoms wat as die Olimpiese Spele van hengel bestempel word.
Namibië se span vir die kunsaashengel sal by die Loskopdam vanaf bote probeer om meer roofvisse as enige ander span uit die water te haal.
In baarshengel reis die Namibiërs na die Vaalrivier in die omgewing van Vereeniging, terwyl die spesieshengelaars se tasse vir die Bloemhofdan gepak is.
Twee hengelkodes wat net as vertoonsporte ingesluit is, is die varswater-oewerhengel by die Vaaldam en die ligtegerei-boothengel wat op Mosselbaai beslis word. Namibië stuur sy spanne in beide hierdie hengelkodes.
Ondanks die groot afstande tussen die venues, sal al die spanne en hul beamptes Saterdag eers die amptelike openingseremonie in Johannesburg bywoon. Die oefendae begin komende Maandag, met die afsluitingseremonies in die verskillende dorpe en stede wat kompetisies aanbied.
Duisende hengelaars van meer as veertig lande word in die kompetisies verwag. Dit sluit omtrent 50 Namibiërs in.
By 'n welwillendsheidsbesoek aan die Namibiese Sportkommissie gister het die NFFA se president, Max Pieper, gesê talle hengelaars het reeds sedert die afgelope naweek na die buurland vertrek, nadat sommiges ook tevore oefensessies by die venues van hul kompetisies gehad het.
“Na my mening is ons spanne goed voorbereid. Verskeie hengelaars het vooraf besoeke vir oefening by die damme en riviere afgelê en ons verwag dat die spanne hul uiterste beste sal gee.”
Volgens Pieper dui die onlangse geskiedenis daarop dat Namibië dikwels 'n sterk faktor in die hengelsporte is.
Die baarshengelaars het byvoorbeeld twee jaar gelede in Suid-Afrika sewende uit 13 lande by die wêreldkampioenskap geëindig en het hul visier ingestel om dié keer onder die topvyf te wees.
In spesieshengel het Namibië se span in 2007 die wêreldtitel gewen en keer dus nou met groot selfvertroue na dieselfde Bloemhofdam terug.
Die volgende Namibiese spanne sal in vyf hengelkodes meeding:
Kunsaashengel: Jaco Visser, Devin Klein, Paul Opperman, Birte Lund, Francois Wahl, Mauro Rosa, Andries Bester.
Baarshengel: Thinus Williams, Max Pieper, Richard Grant, Johan Coetzee, André van Vuuren, Jürgen Udo Geiger, Neil Engelbrecht (spanbestuurder en reserwe).
Varswater-oewerhengel, junior mans: Rikus van Staden, Marsen von Lieres, Hermanus Scholtz, Eugene Grobler, Adriaan Steenkamp, Arnoldus van Staden (spanbestuurder), Pieter Scholtz (afrigter).
Varswater-oewerhengel, senior mans: Leon Diedericks, Johan Kruger, Ronnie Meyer, Willem Barnard, Willem Heunis, Morné Prenn, Jan Dawid Oberholzer.
Varswater-oewerhengel, meesters: Leon Bothma, Willem Grobler, Andries Blaauw, Jake Taljaard, Johannes van Wyk, Loandro Steenkamp.
Varswater-oewerhengel, vroue: Lilani Meyer, Nadia Steenkamp, Petro van Zyl, Betsie Bergh, Carol Stinton, Paul Steyn (spanbestuurder).
Spesieshengel: Frik Bamberger, Marc Schumacher, Anton Seabrooke, Jaco Sowden, Willie Sowden, Gerhardus van Niekerk, Renate Sowden (spankaptein).
Ligtegerei-boothengel: André Theart, Gunther Krauer, Arend Brink, Francois van Niekerk.
• Die baarshengelspan het sy waardering uitgespreek vir die borgskappe wat van Hollard Versekering, Deep Catch Trading, Bank Windhoek en dr. André van Vuuren ontvang is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie