Vitamiene se u00adfunksies en bronne daarvan
Vitamiene se u00adfunksies en bronne daarvan

Vitamiene se ­funksies en bronne daarvan

Elvira Hattingh
Vitamiene gee nie vir jou energie soos kool­­hidrate, proteïene en vet nie, maar is noodsaaklik vir die groei en funksionering van jou liggaam.
Altesaam 13 noodsaaklike vitamiene is nodig vir jou immuniteit, om jou bene sterk te hou, wonde te genees, sig te bevorder en jou te help om die energie in jou kos te gebruik. Sonder genoeg vitamiene kan jy traag begin voel, weerloos teen infeksies wees en ander komplikasies ontwikkel wat jou gesondheid en selfs jou lewe in gevaar kan stel.
Hier is ’n lys van die 13 noodsaaklike vitamiene en voorbeelde van kossoorte waarin dit voorkom:

Vitamiene A
Vitamiene A, ook retinol genoem, help jou met beter visie, gesonder en sterker vel en bene, die groei van tande, immuniteit en vrugbaarheid.
Dit word in vrugte en groente soos mango, wortel, botterskorsie, pampoen, brokkoli en beeslewer aangetref.

Vitamiene B1
Vitamiene B1, ook tiamine genoem, help met energie-metabolisme en die behoorlike werking van jou senuweestelsel.
Bronne hiervan sluit in waatlemoen, tamatie, spinasie, sojamelk, ham, varkvleis en sonneblomsaad.

Vitamiene B2
Vitamiene B2, wat ook as riboflavien bekend staan, is ook betrokke in energie-metabolisme.
Daarbenewens help dit met normale sig en die gesondheid van jou vel. Bronne van die vitamien sluit in spinasie, brokkoli, sampioene, melk, eiers, lewer en oesters.

Vitamiene B3
Vitamiene B3, of niasien, is betrokke by energie-metabolisme en help vir ’n gesonde vel, senustelsel en verteringstelsel.
Bronne hiervan sluit in spinasie, aartappels, tamaties, beesvleis, garnale, hoendervleis, tuna en lewer.

Vitamiene B6
Vitamiene B6, wat ook piridoksien genoem word, help met die verbranding van aminosure en vetsure en ook met die vervaardiging van rooibloedselle.
Kosse waarin dit voor­kom, sluit in piesang, waatlemoen, tamatie, aartappel, brokkoli, spinasie, hoenderborsvleis en wit rys.

Vitamiene B12
Vitamiene B12 word in selsintese gebruik en help om vet- en aminosure af te breek.
Dit help ook met die onderhoud van jou senu­stelsel se selle. Bronne hiervan sluit in melk, alle vleissoorte (vark, bees, pluimvee, vis), eiers en skulpvis.

Vitamiene C
Vitamiene C (askorbiensuur) verrig dieselfde funksies as vitamiene B12 en bronne hiervan sluit mango’s, lemoene, suurlemoene, aarbeie en kiwi’s in. Ander kos wat vitamiene C bevat, sluit in tamatie, spinasie, brokkoli en rooi soetrissie.

Vitamiene D
Vitamiene D is goed vir jou bene en kossoorte wat dit bevat, sluit in melk, eier­geel, lewer en vetterige vis.
Die son is ons beste bron van vitamiene D.

Vitamiene E
Vitamiene E is ’n antioksidant en reguleer oksidering in jou liggaam.
Dit help ook met die stabilisering van selmembrane. Bronne hiervan sluit in avokado, kabeljou, garnale, koring en sonne­blomsaad.

Vitamiene K
Vitamiene K help met die vervaardiging van proteïene wat in die stolling van bloed betrokke is en help om kalsium in jou bloed te reguleer.
Bronne hiervan sluit in spinasie, brokkoli, Brusselse spruite, groen blaargroentes en lewer.

Folaat
Folaat ondersteun die samestelling van DNS en die vorming van nuwe selle.
Bronne hiervan is tamaties, brokkoli, spinasie, aspersies en groenboontjies.
Biotien en panto­teensuur
Beide biotien en pantoteensuur help met energie-metabolisme.
Biotien het die bykomende funksie dat dit in vetsintese, aminosuur en glikogeenmetabolisme betrokke is. Beide die voedingstowwe is wyd verspreid in verskeie kossoorte.

Bronne: www.livestrong .com, lifehack.org

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!