VK steun Suider-Afrika in stryd teen Covid
Suidelike Afrika se Covid-19 humanitêre en geldsending-noodlenigingsfonds het 'n bedrag van £333 000 aan Namibië toegestaan om kwesbare gemeenskappe te steun wat die ergste deur die Covid-19-pandemie geraak is.
Luidens 'n mediaverklaring wat op 1 Desember uitgereik is, het die Verenigde Koninkryk (VK) 'n bedrag van £7 miljoen bewillig om noodsaaklike dienste en voedselhulp aan byna 750 000 mense in Suider-Afrika te bied, waaronder 14 000 huishoudings en byna 'n halfmiljoen migrante wat deur die pandemie benadeel is.
Die Verenigde Nasies se kinderfonds (Unicef), die Internasionale Organisasie vir Migrasie (IOM) en die Internasionale Rooi Kruis Federasie (IFRC) sal saamwerk om water- en sanitasiegeriewe aan 184 000 mense, voedselhulp aan kwesbare huishoudings en migrante en beskerming teen geslagsgebaseerde geweld, insluitend geestesgesondheidsorgdienste, aan 24 000 vroue en kinders te bied.
Die gebied ly onder die gevolge van 'n voortdurende droogte en die pandemie het die onsekerheid oor voedselsekuriteit verder verdiep.
Sowat 18 miljoen mense in die hele Suider-Afrika word tans deur die moontlikheid van hongersnood in die gesig gestaar.
VERSKEIE MANIERE
In Namibië sal die fonds benut word om voedselhulp aan kwesbare gemeenskappe te bied.
Danksy die insette van die IFRC en die Namibiese Rooikruisvereniging sal 2 500 huishoudings, waaronder 6 375 vroue en 6 000 kinders, by dié inisiatief baat vind.
Ondersteuning word verskaf in die vorm van finansiering, landbou- en tuinbou-insette en die rehabilitasie van waterpunte vir vee.
Mnr. James Duddridge, die Britse minister vir Afrika, het gesê: “Vir vele gemeenskappe oraloor Suider-Afrika is die Covid-19-pandemie nie net 'n gesondheidskrisis nie, dit stel ook baie se lewensbestaan in die gedrang en vererger voedseltekorte.
“Deur die VK se steun sal kwesbare gesinne, waarvan vroue die broodwinners van baie huishoudings is, makliker toegang tot inligting en basiese dienste verkry om hul lewensbestaan te beskerm. Die fonds sal diegene wat die kwesbaarste vir die ekonomiese impak van Covid-19 in Suider-Afrika is, help om toegang tot die nodige fondse te verkry om aan hul onmiddellike behoeftes te voorsien.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie