Vlaag van ID-diefstal ‘kan kom ná datalek’
Suid-Afrikaners kan hulle regmaak vir ’n vlaag van kubermisdaad weens die reusedatalek wat Woensdag onthul is, sê ’n kundige.
Nellie Brand-Jonker
Luidens die jongste inligting is meer as 60 miljoen mense in Suid-Afrika se ID-nommers en ander private inligting op die internet beskikbaar gestel.
Prof. Basie von Solms, direkteur van die Sentrum vir Kubersekuriteit van die Universiteit van Johannesburg, sê die risiko vir verbruikers is identiteitsdiefstal.
“Hierdie inligting – jou ID-nommer, naam, adres en geboortedatum – is presies die inligting wat ’n kubermisdadiger nodig het om jou identiteit te gebruik om ’n rekening in jou naam oop te maak.”
Die inligting kan ook vir ander doeleindes aangewend word. “Dit is lekker sappige inligting vir kubermisdadigers om ’n storie te skep waarmee hulle jou kan uitvang.”
Hy sê mense kan niks daaraan doen dat hul inligting blootgestel is nie. “Jy weet nie wat hulle alles van jou het nie en jy weet nie wie dit almal het nie, want die data, wat al hóé lank in die kuberruimte lê, is dalk al honderde kere gekopieer deur die slegte ouens en hulle is klaar besig is om dit saam te voeg om dit teen jou te gebruik.”
Mense moet dus uiters versigtig wees oor versoeke wat per e-pos ontvang word. Die inligting kan gebruik word om mense te oortuig om op ’n skakel te klik om toegang tot hul toestel te bied.
“Ons sal na aanleiding van dié voorval drie, vier keer versigtiger moet wees en voorbereid wees op aanvalle. Want daar gáán aanvalle kom.”
Von Solms sê dit help nie nou om wagwoorde te verander nie.
Hy sê ook mense moet die gratis verslae van kredietburo’s benut om vas te stel of rekeninge in hul naam geopen is.
Von Solms sê Suid-Afrikaners moet uiters ontsteld wees oor die voorval.
Ook sý e-posadres is op die gelekte databasis. “Ek hoop iemand iewers beland hieroor in die tronk.”

Christoff Pienaar, ’n direkteur en nasionale praktykshoof van tegnologie van Cliffe Dekker Hofmeyr, sê ook die risiko vir die verbruiker is identiteitsdiefstal en -bedrog. “Dit is vertroulike inligting wat gelek is, wat ek en jy nie noodwendig wil hê daar buite moet wees nie.”
Pienaar sê die regsberoep wag in spanning vir die Wet op die Beskerming van Inligting (Popi) om heeltemal in werking te tree.
Volgens hom vereis Popi dat instansies net onder sekere omstandighede persoonlike inligting mag benut, en een van die vereistes is dat hulle toestemming daarvoor moet kry.
“As ’n kredietburo jou inligting het, kry hy jou inligting van ’n bank waar jy aansoek gedoen het om finansiering. En toe jy dit vir hulle gegee het, was dit nie jou verstandhouding dat eiendomsagente en ander ondernemings dit gaan kry nie.
“Dit gaan in die toekoms baie belangrik raak dat die doel waarvoor maatskappye jou inligting wil gebruik, baie duidelik aan jou verduidelik moet word sodat jy ingeligte toestemming kan gee.”
Hy sê maatskappye sal nie meer kan skuil agter vae verwysings iewers in hul bepalings en voorwaardes dat die verbruiker toestemming gegee het dat die inligting aan derde partye verskaf mag word nie.
Von Solms hoop die voorval lei tot groepsgedinge teen die skuldiges.
“Ek dink ons gaan ’n maatskappy kry wat verantwoordelik is daarvoor en ons gaan uitvind iemand was nalatig.”
Volgens hom sal dit maklik wees vir die owerhede om uit te vind waar die dataskending plaasgevind het.
Hy het Donderdagoggend met die kuber-afdeling van die Valke gepraat en hulle maak goeie vordering.
’n Woordvoerder van ’n kredietburo wat oor die voorval gepraat het op voorwaarde dat sy nie geïdentifiseer word nie, sê dit is baie moeilik om te sê of die data vir identiteitsbedrog gebruik kan word omdat dit onseker is presies watter inligting blootgestel is.
“Om identiteitsbedrog te pleeg, moet iemand gewoonlik gedetailleerde inligting hê oor watter krediet die persoon het. Ek dink nie ’n mens kan regtig bedrog pleeg met dié inligting nie. Daar is nie groot rede vir paniek nie.”
Dit wil voorkom of die inligting oor inkomste geskatte inligting is wat deur middel van algoritmes bepaal is deur na die grootte van die huisverband te kyk. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie