Vlagtwis vat nuwe vlam
Hoë regeringslui probeer tans lig werp op wie presies die Namibiese vlag ontwerp het.
Denver Kisting – Die Namibiese regering is nie seker of wyle mnr. Fred Brownell die land se vlag help ontwerp het nie.
Volgens mnr. Mbeuta Ua-Ndjarakana, uitvoerende direkteur van inligting en kommunikasietegnologie, was Brownell “blykbaar nie betrokke nie”.
Teen gisteroggend het hulle verwoed probeer vasstel of Brownell betrokke was al dan nie, het Ua-Ndjarakana by navraag gesê.
“Daar is ’n geskil daaroor.”
Wat die ministerie wel kon vasstel, is dat Brownell ’n voorlegging vir die wapenskild ingedien het, sê Ua-Ndjarakana.
Hy sê dis onduidelik of die voorlegging die uiteindelike wapenskild geword het.
News24 berig Brownell is die afgelope Vrydag op 79-jarige ouderdom in Pretoria in die buurland oorlede.
Hy was na wat berig word, wel verantwoordelik vir die ontwerp van die Suid-Afrikaanse vlag.
Mnr. Theo Jankowsi, wie se ontwerpvoorstel by die uiteindelike vlag bygewerk is, het gister gesê hy het ’n paar jaar gelede eers van Brownell se beweerde betrokkenheid gehoor.
Sy inligting is dat die hedendaagse vlag bestaan uit sy, mnr. Don Stevenson van Windhoek en me. Crispin Clay van Lüderitz, se ontwerpe.
Dié drie is vantevore vereer vir hul betrokkenheid by die land se vlag.
Republikein het gister ’n brief gesien wat wyle mnr. Hidipo Hamutenya aan Jankowski gerig het om sy bydrae tot die vlag se totstandkoming te erken.
Hamutenya het op 9 Maart 1990 dié brief in sy hoedanigheid as die voorsitter van die subkomitee vir nasionale simbole geskryf.
Volgens dié ontslape politikus het Jankowsi se ontwerp gedien as “inspirasie vir die finale ontwerp van die Namibiese nasionale vlag soos goedgekeur deur die grondwetmakende vergadering op 2 Februarie 1990”.
’n Storm woed tans in die sosiale media oor Brownell se beweerde betrokkenheid by die ontwerp van die Namibiese landsvlag.
Sommige is van mening hy moet die erkenning kry vat hom toekom mits hy wel tot die vlag se ontwerp bygedra het.
Ander meen indien hy nie betrokke was nie, is dit belangrik om die regte feite weer te gee.
Die presidensiële woordvoerder, dr. Alfredo Hengari, het nie gister op navrae oor dié aangeleentheid gereageer nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie