Vlamme in China Town
Rookwolke het gister net ná middagete by die dak van ’n pakhuis in China Town in Windhoek se noordelike nywerheidsgebied uitgeborrel. Die brand het glo omstreeks 14:00 uitgebreek. Polisiebeamptes en brandbestryders was vinnig op die toneel en teen 14:30 was die vlamme onder beheer. Die pakhuis is deel van die nywerheidspark naby die hoek van Dortmund- en Bonsmarastraat en huisves ’n verskeidenheid klein Chinese besighede. Volgens supt. Belinda Griqua van Windhoek se stadspolisie is niemand beseer nie. Die oorsaak van die brand word nog ondersoek, het sy op die toneel gesê. Foto Augetto Graig
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie