Vleis bly bobaas in VSA
Vleis bly bobaas in VSA

Vleis bly bobaas in VSA

Die gemiddelde Amerikaanse vebruiker gaan vanjaar 100,8 kg rooivleis en hoender verorber – die meeste ooit.
Ronelle Rademeyer
Vida Booysen - Ondanks al die praatjies oor laboratorium-hamburgers en proteïene uit peulgroentes, lyk dit of Amerikaners in 2018 meer vleis as ooit tevore gaan eet.

Om presies te wees, die gemiddelde verbruiker gaan 100,8 kg rooivleis en hoender vanjaar eet, volgens Amerika se departement van landbou (USDA).

Dis meer as die vorige rekord uit 2004. Intussen sal huishoudelike produksie ook vir die eerste keer meer as 100 miljard pond of 453,5 miljoen kilogram beloop danksy goedkoop voer wat produsente aanmoedig om hul kuddes uit te brei.



Hoewel die USDA se per capita-meting nie ’n ware meting van verbruik is nie, word die syfer as ’n goeie gemiddeld beskou. Dit toon ook dat die aanvraag vir eiers in 2018 ’n rekordvlak sal bereik. Die gewildheid van suiwelprodukte soos botter en kaas neem ook toe.

“As jy na die dinge kyk waarvan verbruikers meer wil eet, dan is proteïene bo-aan die lys,” sê David Portalatin, ’n bedryfskonsultant vir die NPD-groep in Houston.

Baie Amerikaners weerhou hulle doelbewus van koolhidrate ten gunste van proteïene, hoewel enige gesondheidsvoordele dalk uitgekanselleer word deur die geweldige hoeveelhede vleis, eiers en suiwelprodukte wat verorber word.

Die regering beveel aan dat volwassenes tussen 140 g en 185 g proteïene per dag inneem, maar volgens die USDA se voorspellings sal die gemiddelde daaglikse inname nader aan 285 g per dag in 2018 wees.

Dis ’n skerp ommekeer van die neiging tussen 2007 en 2014, toe die per capita-aanvraag met 9% gedaal het en daar ’n stygende aanvraag vir mielies vanuit die etanolbedryf gekom het.

Droogte het ook die prys van voer skerp laat styg.

Hoewel beeste en varke nou veel goedkoper is as die hoogtepunte in 2014, kan pryse steeds bokspring.

Amerika se uitvoer van vleis het die hoogte ingeskiet soos wat die internasionale ekonomie verbeter het en die stygings in die binnelandse mark verbygesteek.

Plaasvervangers vir vleis het die afgelope aantal jaar heelwat aandag in Amerika geniet soos wat kommer toegeneem het oor vleiseters se impak op mense en diere se gesondheid, asook op die omgewing.

Verlede jaar het die voedselmaatskappy Epic Burger van Chicago begin om die Beyond Burger met ’n plantgegronde frikkadel te verkoop wat vleis namaak.

Proteïene wat uit plante of “gekweekte vleis” verkry word, is steeds ’n neiging om dop te hou, hoewel dié produkte nog nie ’n noemenswaardige duik in die verkoop van diereprodukte sal maak nie, volgens ’n verslag van CoBank wat in November uitgereik is.

* Suid-Afrikaners het in 2015-’16, volgens die nuutste beskikbare syfers, 39,6 kg witvleis (hoofsaaklik hoender) per persoon per jaar geëet en 27,23 kg rooivleis (hoofsaaklik bees-, skaap- en varkvleis). – Bloomberg, verwerk/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-04-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer