Vleis en vlieg is uit, ‘flygskam’ is in
Modes en tendense kom en gaan en verander deurentyd. Wat vroeër hoogmode was, is nou uit die oude doos.
Metromans is nou in die mode, maar ek hou nie van ’n man wat mooier as ek is en kort-kort vir homself in die spieël kyk nie. Ek hou van ’n sterk, ruwe Camel man wat my oor sy skouer gooi en op die hande dra.
My ma en my vriendinne sê ek het swak smaak in mans. Hulle sê my probleem is glo nie die Camel man-tipe wat rook nie, maar die kwaai mans wat my laat swymel. Ek kan hou by my Camel man look, maar hou verby die kwaaies. Kalm is komkommerkoel, maar die Camel man look is nou outyds en rook nóg meer.
Toe ek jonk was, was ’n boer met ’n roer (én ’n bakkie) wat ’n bok met een skoot kan plattrek ’n groot vangs. As hy die bokkarkas kan opsny en biltong maak, ’n vuur kan laat knetter en ’n tjoppie sappig oor die kole kan braai, is dit ’n bonus.
Nou is jag glo uit die mode. Vleis eet is taboe. Jagters word deur antijagorganisasies as moordenaars veroordeel en jagfoto’s word in sosiale media verbied. Jagtrofeë teen die muur soos dié van ’n bok wat met glasige oë na jou staar, pryk nie meer in leefstyltydskrifte nie.
Vegetariërs is glo flou en veganisme is nou die inding. Geen diereprodukte meer nie, maar velskoene is wel nou hoogmode? Jy kan ’n hamburger of droëwors eet, maar dit moet van seewier gemaak word en smaak glo soos die ware Jakob.
Toe ek dekades gelede die eerste keer oorsee vlieg, kon passasiers nog op die vliegtuig rook. Hoe ongesond en selfsugtig was dit nie, sê ons nou.
Nou is vlieg ook ’n aardsonde.
‘n Nuwe veldtog het die wêreld op hol en staan in Sweeds as flygskam bekend – die vernedering van mense wat met vliegtuie reis en klimaatsverandering aanhelp.
Dié veldtog het stukrag gekry deur die 16-jarige Sweed Greta Thunberg se pleidooie vir dringende optrede om die snelle pas van klimaatsverandering te stuit.
Prins Harry en Meghan, kampvegters vir ’n groener planeet, word ge-flygskam omdat hulle vir hul wegbreekvakansie na Ibiza in ’n private straler gevlieg het.
Ek kan nêrens heen vlieg nie, want hier is nie paspoorte in Namibië nie.
Donald Trump het nie eens die vergadering oor klimaatsverandering op die onlangse G7-beraad in Frankryk bygewoon nie. Hy voel ’n veer vir die planeet en meen orkane moet met kernwapens afgeskiet word.
Aardverwarming en klimaatsverandering is hedendaagse kwessies. Ons planeet is in die moeilikheid en alles moet gedoen word om hom te red.
Plastiek is skielik ’n vloekwoord en as jy nie herwin nie, is jy nie ekovriendelik nie. Ek is hartseer oor net drie huise in my straat herwin.
Reduce, re-use, recycle tog. Hoe moeilik is dit nou?
My kollega se oulike tienerdogter, Spruit, bel haar ontsteld: “Ma, die Amasone brand! Hoekom doen niemand niks nie?”
Dis vir my verblydend dat jongmense soos Greta en Spruit hul stemme dik maak oor die omgewing.
Toe ek klein was, was dieretuine en sirkusse ’n groot trekpleister vir kinders. Nou is sirkusse sonder diere die nuwe neiging en diere in aanhouding is wreed.
Iets waaroor ek verheug is, is dat die komieklike Kardashians uiteindelik uit die mode is.
Dis koebaai met kaal boude. Kuise klere pryk nou in modetydskrifte.
Goeie maniere en wedersydse respek moet tog nooit oudmodies raak nie.
Goeiemôre, dankie en asseblief moet altyd gonswoorde bly.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie