Vleislose burgers die omgewing se vriend
Bill Gates kurator vir deurbraaktegnologie
Dr. Kobus Laubscher - Daar is ’n groeiende wanbalans tussen probleme of uitdagings en antwoorde wat dié skeefheid nie net regtrek nie, maar sommer keer dat dit weer voorkom. Daar is ‘n konstante soeke na antwoorde op ou en nuwe probleme en dit is hier waar innovering intree, maar dan in ‘n ander idioom.
‘n Belangrike innovaseringsmonitor, MIT Technologies, het die inisiatief geneem om jaarliks die toptien innoverings te identifiseer in terme van die ontwikkelingspad, aard en verwagte impak. Die bekende Bill Gates is die kurator wie deur alle moontlike innovasie moes sif om uiteindelik die toptien aan te wys. Terselderyd is die 21st eeu se 10 slegste innoverings ook aangewys. Behalwe dat dié twee lyste interessant leesstof bied, is die veranderde fokus ten opsigte van innovering amper belangriker. Daarmee saam is die hantering van innoverende denke en uiteindelike innovasie binne sê ‘n maatskappy, ook belangrik
Volgens MIT het die klem ten opsigte van innovering verskuif. Baie innoverings is in die 21ste eeu ontwikkel, maar aan die hand van 20ste eeu se entrepreneuriese reëls.
Dié stel reëls het misluk om kliënte spreekwoordelik voor die uitvinders te stel. Dié innoveerders het in die geheim en teen ontsaglike koste aan die “oplossing” gewerk en wanneer die perfekte prototipe “reg” was, mark toe gegaan. Dan eers is die gebruiker van die idee gesoek en in baie gevalle op allerlei maniere oortuig dat dié innovering die aller antwoord is – te dikwels was dié oortuiging ook redelik aggressief.
Die innoveringsmetodologie van die 20ste eeu was hoofsaaklik gebaseer op ingenieursbeginsels, vandaar die vermoë tot geheimhouding. Patente en duur lisensiëringsregte het effektief mure gebou om die toepassing.
So is dit ‘n bekende feit dat baie innoveringskoste vir ‘n groot deel van ‘n produk, verhaal word deur pryse vas te stel op vlakke wat hoër is as wat die mark normaal sou bied. Winste is aan die einde van die proses eers gerealiseer.
Vandag verloop innovering anders. Vir eers word daar nie noodwendig miljoene dollar benodig om af te skop met die nuwe produk nie. Ontwikkeling vind in die openbare ruimte plaas en daar is deurlopende kommunikasie. Geen ingewikkelde sakeplanne en voorafondersoeke is noodwendig voorvereistes nie.
Die wenke soos voorgestel deur MIT en onderskryf deur Bil Gates in sy onteding, is die volgende: Uitvindings van die omvang wat nodig is om ‘n bedryf te skud, word in die samewerkende ruimte van belanghebbendes gedoen en nie noodwendig in raadsale van direksies nie.
In teenstelling met die klassieke proses om idees vir jouself te hou en om sogenaamde intelektuele eiendom met mag en mening te verdedig, is die nuwe benadering om daaroor so wyd as moontlik te kommunikeer en die verdere ontwikkeling hierop te bou.
Deur voor die finalisering te kommunikeer met vroeë aannemers van vernuwing, neem die innoveerders hulle saam op die ontwikkelings pad en wanneer die produk gereed is, sal hulle inkoop en aankoop makliker wees. Dit gaan dus oor bou, meet en leer en sodoende word daar gevolg gegee aan “done today beats perfect tomorrow”.
Die fokus op die eerste indrukke is blywend as paradigma, word vervang met “deel soos daar gevorder word” – bou die pad terwyl jy daarop loop. Die eindproduk is ‘n beter pad.
Die 10 beste innoverings of sogenaamde deurbraaktegnologie wat volgens Gates die grootste impak kan hê, word net enkeles hier onder bespreek.
Die eerste is die slim robot. Tegnies is robotte stagnant deur net te kan doen waarvoor dit geprogrammeer is, maar daar is tans tegnologie waarmee ‘n robot homself leer om aanpassing te maak.
Die tweede uitvinding van belang en wat die wêreld kan verander is die gebruik van modulêre kernreaktors. Sodoende kan dié tegnologie se reikwydte verbeter word. In die derde plek staan die tegnologie uit wat deur middel van bloedtoetse kan bepaal of ‘n baba vroeg gebore gaan word. Dink net aan die kostebesparing as daar groter gereedheid is vir so ‘n geboorte. Die vierde uitvinding is om deur die sluk van ‘n pilgrootte kameratjie, inwendige ondersoeke van die spysverteringskanaal te kan doen. Kankerbehandeling sal ook betekenisvol verander met medikasie wat die tipe kanker kan ontleed en dan behandeling daarvoor ontwikkel. Kankerpasiënte sal daarmee behandeling kry wat pasgemaak is. Dit stel die liggaam in staat en help om eie teen kankerverdediging te ontwikkel.
Die volgende uitvinding is die ontwikkeling van vleislose burgers! Weg van die regsstryd om dit nie burgers te kan noem nie, is die positiewe daarvan. Afhangende van die dier betrokke, kan ‘n vleisburger volgens bestaande verwerking 4 tot 25 keer meer water, 6 tot 17 maal meer grond en 6 tot 20 keer meer fossielbrandstof nodig hê as sy vleislose eweknie.
Na raming stel hierdie produk tot 90% minder kweekhuisgasse vry. Dit moet vleisboere laat dink.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie