Vleispryse kan skerp daal
Vleispryse kan skerp daal

Vleispryse kan skerp daal

Meatco waarsku oor Okapuka-invloed
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die verlies van nagenoeg N$35 miljoen wat Meatco sedert die sluiting van sy Okapuka-voerkraal op 2 September gely het, kan in die volgende weke ''n daling van tussen N$5 en N$8 per kilogram in die produsenteprys meebring.

Die vleisreus sê in sy jongste nuusbrief aan produsente sy weeklikse verlies weens die sluiting van die voerkraal beloop sowat N$5 miljoen. Die voerkraal is nou reeds sewe weke gesluit.

“As gevolg hiervan het die bestuur Vrydag besluit om ''n kennisgewing aan produsente te stuur met die waarskuwing dat sou die voerkraal in die volgende twee weke steeds gesluit bly, die situasie tot ''n daling van tussen N$5 en N$8 in die produsenteprys sal lei,” sê Meatco in sy nuusbrief.

“Dit is ons plig as die bestuur van die korporasie om ons Namibiese produsente en die publiek van hierdie verwikkeling in te lig.”

Meatco sê hy probeer om die produsenteprys, wat tans tussen N$27,64 per kilogram vir C-grade en N$36,19 vir A-graad-karkasse van 260 kg en meer beloop, so stabiel as moontlik te hou.

“Die heersende omstandighede plaas die korporasie egter onder enorme druk en maak dit moeilik om aan hierdie strewe te voldoen,” lui die nuusbrief.

Voorts sê Meatco hy is “op rekord in die media en elders” dat die sluiting van die voerkraal nie net dié korporasie raak nie, maar “nasionale gevolge” het wat na die totale vleis­bedryf en die Namibiese ekonomie uitkring.

Die voerkraal-krisis is op die spits gedryf toe die direktoraat veeartsenydienste Meatco tot “herhaalde oortreder” verklaar het nadat die semi-sintetiese groeihormoon zeranol vir die tweede keer in 12 maande in die urienmonsters van beeste gevind is.

Ondanks briewe deur internasionale deskundiges aan die direktoraat wat verduidelik die laboratorium-uitslae is verkeerd vertolk, mag Meatco steeds nie die 8 000 beeste slag en die vleis bemark nie.

Indien hy dit slag, moet die vleis apart geberg word en mag dit nie uitgevoer of in die kleinhandel aan die publiek verkoop word nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!