Vleisuitvoere nie 'n gevaar vir die VSA
Die LPO het verduidelik dat die behoud van Namibië se bek-en-klouseer vrye status van kardinale belang is en alles in die stryd gewerp sal word om dit te behou.
Elvira Hattingh
“Namibië het 'n siektevrye, hoogs gereguleerde en individueel naspeurbare lewendehawestelsel. Vir reeds 60 jaar lank was ons in staat om vry van bek-en-klouseer te bly danksy die toepassing van dié streng maatreëls.”
Só reageer mnr. Thinus Pretorius, voorsitter van Namibië se Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO), in 'n mediaverklaring.
Dit volg nadat Amerikaanse boere onlangs 'n beroep op hul regering gedoen het om dadelik die invoer van beesvleis uit Namibië te verbied.
Die vereniging vir veeboere in Amerika, United States Cattlemen's Association (USCA), het die versoek gerig uit vrees dat die uitbreking van bek-en-klouseer noord van die veterinêre kordonheining (rooilyn), ook 'n impak kan hê op vleis wat suid van die rooilyn verbou word.
Laasgenoemde boerderygebiede word egter deur die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (OIE) as vry van bek-en-klouseer geklassifiseer.
Pretorius sê alhoewel uitdagings bestaan om Namibië se dieregesondheidstatus te behou, word dit reeds 60 jaar lank suksesvol gedoen en sal dit ook so in die toekoms geskied – anders as wat dalk onlangs in die media gepubliseer is.
Hy het gesê hulle hoor die Amerikaanse boere se kommer met “empatie en begrip” aan en voeg by die LPO besef ook 'n uitbreking van dié gevreesde siekte suid van die veterinêre kordonheining sal 'n ramp vir die Namibiese rooivleisbedryf wees.
Hy gee die Amerikaanse boere egter die versekering dat Namibië die enigste land in Afrika is wat geakkrediteer is om vleis vanaf sy bek-en-klouseer vrye sone na die res van die wêreld uit te voer. Hy verduidelik ook die plaaslike bedryf en owerhede sal alles in hul vermoë doen om dié status te behou.
“Die verlies van 'n uitvoermark soos Amerika sal beteken talle boere verloor hul lewensbestaan. Bek-en-klouseer is 'n groter bedreiging vir die Namibiese produsent en die plaaslike ekonomie as vir die Amerikaanse vleisbedryf.
“Verskeie protokol word tans deur owerhede geïmplementeer om die risiko van siekteverspreiding uit te skakel, wat insluit inentingsprogramme noord van die veterinêre kordonheining, die daarstelling van 'n waarnemingsgebied binne die bek-en-klouseer vrye gebied wat dierebewegings streng monitor, streng prosedures by uitvoerabattoirs rakende post mortem-toetse en die verkoeling van karkasse om die risiko uit te skakel om die virus oor te dra.”
Pretorius beklemtoon dat Namibië net sowat 0,5% bydra tot die wêreld se vleismarkte, maar dat dit 'n 4% bydrae tot Namibië se bruto binnelandse produk (BBP) maak. Dit is beduidend in die sin dat 72% van die land se bevolking van landbou afhanklik is.
Hy sê ook Namibië produseer van die wêreld se beste vleis – vanaf vrylopende bees wat op natuurlike weiding leef en hormoonvry is.
AGTERGROND
Meatco het presies 'n jaar gelede die eerste besending kommersiële beesvleis tariefvry onder die Amerikaanse wet op groei en geleenthede in Afrika (Agoa), na die hawe van Philadelphia uitgevoer.
Dit was nadat verskeie oudits sedert 2016 gedoen is om te bepaal of Namibië aan die Amerikaanse gesondheids- en veiligheidsprotokolle voldoen.
Talle beesvleismonsters moes vir verskillende laboratoriumtoetse na Amerika gestuur word om te verseker dat alle veiligheidsaspekte nagekom word.
Geen ander land in Afrika kon dit nog regkry om beesvleis na dié mark uit te voer nie.
Die ontsluiting van hierdie reuseverbruikersmark maak dit vir Namibiese produsente moontlik om teen 2025 altesaam 5 700 ton ontbeende beesvleis na Amerika uit te voer.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie