Vlerke ingespan om stropery te voorkom

Wildbevolkings het volgens Wilderness Safaris Namibia in die land toegeneem.
Francoise Steynberg
Wilderness Safaris Namibia in samewerking met die Namibiese spesiale veldmag, die Red die Renosterfonds (SRT), Westair, Journeys Namibia en die ministerie van die omgewing en toerisme het tydens die feesseisoen 'n suksesvolle lugpatrollie oor noordelike Namibië gedoen.

Die unieke bewaringsvennootskap van byna 'n dekade het nuwe hoogtes bereik met die patrollie wat vanaf 22 Desember 2017 tot 3 Januarie 2018 plaasgevind het.

"Ons is trots daarop om deel te wees van die bestaande groep in bewaringskringe wat nou saamwerk om te verseker dat verskeie lugwaarnemings en -patrollies oor elke nasionale park en vele bewaringebiede voltooi word," sê Wilderness Safaris Namibia se bewaringsbestuurder, dr. Conrad Brain.

Die opnames het die bewaringspan die geleentheid gegee om nie net Namibië se wildbevolking te dokumenteer en deeglik waar te neem nie, maar dra ook positief by tot die voortgaande biodiversiteitbewaring van hierdie gebiede.

"In die laaste twee jaar van lugpatrollies het ons 'n dramatiese afname in renosterstropery in beskermde gebiede beleef en dit is gerusstellend om te weet dat ons 'n integrale deel van die span was wat hierdie sukses meegebring het," het Brain gesê.

"Ons kon ook sien dat daar aansienlike verhoging in wildbevolkings oral in die land is en ons kan beaam dat Namibië die suksesvolste gemeenskapsgebaseerde bewaringstelsel op die planeet het."

Benewens die sekuriteitspatrollies het Wilderness Safaris Namibia ook onlangs 'n uitgebreide lugopname van Namibië se vleilande in samewerking met Nacso, Namibië se sambreelorganisasie vir die Gemeenskapgebaseerde Natuurlike Hulpbronnebestuur-program (CBNRM), die ministerie, die Namibiese Kamer van die Omgewing (NCE) en Westair Aviation gedoen.

Die opname het alle riviere en vloedvlaktes in die noordooste van Namibië beslaan, insluitend die Kavango-, Kwando-, Linyanti-, Chobe- en Zambezirivier.

"Die resultate van sulke opnames verhoog in waarde soos ons onmiddellike resultate kry, en word 'n voordurende en betroubare bron van inligting wat gebruik kan word om neigings in wildbevolkings aan te dui," sê Brain.

"Met die verhoogde waarde wat op ons wildlewe en natuur geplaas word, is dit belangrik dat ons ons metodes vir monitering verbeter en daarvolgens ons bewaringsbenadering aanpas. Dit bly 'n prioriteit vir ons bewaringspan by Wilderness en ons bewaringsvennote."

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!